Begrafplaas vir ‘n strydros

Algemeen 28 Comments

025 Ek sit lankal en wonder wat het geword van die ou militere voertuie wat tydens die bosoorlog gbruik was. Met die goewerment en al sy dinge asook al die politieke polemiek wat daaruit spruit betreffende die weermag, is dit seker ‘n kwessie van "los die braksak vir die aasvoels".

Een van my vriende is heeltemaal gaande oor die topiek tot in so ‘n mate dat hy as stokperdjie elke jaar aan die internasionale "war & peace" skou in die suide van Engeland deelneem as deel van die "living history" uitstalling. Daarmee gepaard is daar natuurlik die poging om soveel memorabilia te versamel van die SA leer spesifiek gemik op die Angolese bos oorlog. Terwyl ek nou so lekker in SA gekuier het, het iemand te vertelle gehad dat die weermag deesdae alle ou voertuie verkoop….. Mos.

Jinne dink Jasper toe. Wat sal die prys vir ‘n ou buffel wees en wat sal dit kos om die 027 spulletjie in Engeland te kry vir Riekert se skou. So oor ‘n stukkie beeshaas met ‘n slukkie bier by Maaders Restaurant vertel Herman dat hy vir Januz Walluz se broer ken en dat die poolse oubaas al die ou voertuie opkoop en dit dan restoureer. Natuurlik is dit wat Jasper wil hoor en Herman stem in om hom en Tienie soontoe te neem om die oubaas te gaan raadpleeg oor kostes etc.

Op pad soontoe speel die naam Walluz in my kop oor waar en wanneer en die onthouding is toe natuurlik dat dit die knaap is wat vir ene Chris Hani die volgende lewe ingehelp het en nou lewenslank in die tjoekie met sy bas teen die muur loop. Elk geval, die besluit is toe om liefs nie die oubaas oor sy boet se doen en late uit te vra nie. Mens weet nie aldag hoe ‘n pool reageer oor die klas van ding nie.

011 Terug by die storie, die plekkie waar Herman ons heen smokkel is sowat van ‘n plot net noord van Pretoria en dit lyk soos ‘n ou militere museum waarvan die die staat vergeet het. Ou voertuie wat half nog in een stuk is staan voor die by die ingang, maar binne is dit een groot "salvage yard". Ou Buffels, Caspirs, ‘n klompie "caracens" en natuurlik ‘n miljuisend ou stukkende Samils. Vir ‘n knapie wat groot geword het 022duskant  Voortrekkerhoogte het hierdie nou wraggies ou herinneringe terug gebring. Die oubaas restoureer nou Samils en verkoop dit dan as "amper" nuwe trokke aan die hoogste bod. (R140,000.00 vir ‘n Samil 20 "voetstoots" en glad nie gerestoureer nie, nadat ‘n paar foon oproepe bevestig het dat oubaas Walluz net R10,000.00 vir hulle betaal het…..) Ek wou nou nie hardop vir hom se om in sy moer te vlieg nie. Daar gaan Riekert se geleentheid saam met die oubaas se gierigheid die drein af :( . Sorrie Riek, Ons het hom probeer oortuig dat hy beter gras moet begint rook want die goete wat hy gebruik is effens af…