DaMario, TristonJ en die Montana Dros

Algemeen 22 Comments

Uiteindelik kon Jasper toe nou name by gesigte pas. Saam met die Legend (Da Mario) so bietjie skuim van ‘n braffie of 2 gaan afblaas. TristonJ het saam ‘n ogie kom wys en die geselligheidjie was lekker. Op slag moes ek haar darm net bietjie touwys maak met ‘n glasie Jameson en Tonic ;)  Dankie julle. Ons maak verseker weer so. (Volgende keer verkieslik om ‘n knetter vuurtjie met ‘n kitaar of ‘n ding by en niks verder verpligtinge nie… ;)

Kyk,SA is lekker. Die enigste ding wat my vang is die konsumpsie van die druif se sap en die hoeveelheid beeste wat ek nou al geknaag het van ek hier is. Nagmerries 2 uur in die oggend. Eina!! En nog is dit het einde niet. Die 10e is ver……  (Ek raak te oud vir die 5 uur in die oggend slapery…)

Besigheid is bedrywig in Suid Afrika en ek kry die idee die sonland gaan my ‘n hele paar keer te siene kry in die volgende paar maande. Hopelik nie deur termnaal 5 nie ;)

Elke geval, die braai roep

gesels weer more