Die wêreld op sy dak

Algemeen 21 Comments

012 Daar is nie veel wat my omgewing kan omkeer nie en tot dusver kon net een gebeurtenis dit regkry.

Dit was natuurlik voor Donderdag oggend….

Verwelkom aan die mensdom:

Triston Michael.

Die jongste toevoeging tot die wêreld van Jasper. As julle dalk wou weet waarom ek so half onder die radar verkeer, dit was ‘n sigaar of 2 en ‘n bottel "christal" verder…..

Die bors is breed… BAIE breed.

Makeer die Pas

Algemeen 21 Comments

Die geliefkoosde straf wat die knape in die weermag moes deurmaak in die "deebee" as hulle so bietjie verdwyn het sonder volwaardige verlof (awol)….. Klink amper of Jasper dieselfde sal moet doen eersdaags as ek so na almal se comments kyk. Even my boet in die Kaap wil my kruisig omdat ek so skaars is. 001(En ja Roer, Johan, Rene…. Volgende keer as ek draai gooi in SA belowe ek plegtig om die kaap se sand tussen my tone te kom voel. Ek is hoeka lus vir ‘n lekker kuiertjie by die muisbosskerm….) Frikker en Maraai was nou die dag daar vir hulle wittebrood en die foto’s laat ‘n mens wens vir die lewensstyl.

Ek is nie skaars nie!!! Dit is net daardie tyd van die maand wat werk eerste  prioriteit moet kry. As die invoices en gepaardgaande dokumentasie nie voorberei en gestuur word nie, kry Jasper nie pond nie. As hy nie pond het nie, kan hy nie rondrits nie….

Kyk, ek haat werk, maar ongelukkig is dit ook soms nodig. Gelukkig is daar nou nie meer ‘n baas om verantwoording te doen voor nie. Nou moet ek net verantwoording aan myself en aan my kleinte doen. Op ‘n manier is dit beter en op ‘n manier ook nie. Die verskil is daardie

klein mannetjie in die agterkop wat die heeltyd in jou oor fluister dat iets moet gebeur. (Ek dink die woord is "concientuousness"). Voorheen kon ek probleme wat opduik verwys na ‘n departement wat dit dan sou behartig. Nou moet ek self die oplossings netwerk bestuur. Dit is nie soveel van ‘n pyn nie, dit vat net bietjie meer tyd.

Nikita, ek het nog nie kans gehad om "live writer" regtig deur die meul te sit nie, maar jy kan defnitief video laai en as jy wil skakel na ‘n youtube video, het jy net die "embed" skakel nodig. Selekteer "video" op die "insert" menu en plak dan die skakel in die "URL" boksie.

Sal probeer om gouer te pos volgende keer. Groete vir eers

DaMario, TristonJ en die Montana Dros

Algemeen 22 Comments

Uiteindelik kon Jasper toe nou name by gesigte pas. Saam met die Legend (Da Mario) so bietjie skuim van ‘n braffie of 2 gaan afblaas. TristonJ het saam ‘n ogie kom wys en die geselligheidjie was lekker. Op slag moes ek haar darm net bietjie touwys maak met ‘n glasie Jameson en Tonic ;)  Dankie julle. Ons maak verseker weer so. (Volgende keer verkieslik om ‘n knetter vuurtjie met ‘n kitaar of ‘n ding by en niks verder verpligtinge nie… ;)

Kyk,SA is lekker. Die enigste ding wat my vang is die konsumpsie van die druif se sap en die hoeveelheid beeste wat ek nou al geknaag het van ek hier is. Nagmerries 2 uur in die oggend. Eina!! En nog is dit het einde niet. Die 10e is ver……  (Ek raak te oud vir die 5 uur in die oggend slapery…)

Besigheid is bedrywig in Suid Afrika en ek kry die idee die sonland gaan my ‘n hele paar keer te siene kry in die volgende paar maande. Hopelik nie deur termnaal 5 nie ;)

Elke geval, die braai roep

gesels weer more

Next Entries »