Die skim doen weer sy rondte

Algemeen 19 Comments

,,,,

Die blogosfeer se "prodigal son"
doen weer ‘n inskrywing. Jammer ek het so lank weg gekruip. Dit was nie my keuse nie…. So tussen al die administratiewe dinge wat noodgedwonge aandag soek (Sodat Jasper darm so paar sjillings in sy rekening kan kry) en ‘n trippie na Ghana vir werk wat weereens na verdere administrasie lei, het blog tyd vir ‘n rukkie agterwee gebly….

Ghana was lekker. Lekker warm. Sowat 36°C met ‘n humiditeit van om en by 88%. Het jy al uit ‘n temperatuur gereguleerde vliegtuig geklim na jy weg is uit ‘n plek soos Engeland in die doodsnikke van die Europese winter? Glo my, dit voel of jy in ‘n oond instap. Een wat die heel tyd aan bly. Dag en nag.

Malaria loop saam met die hitte. Die konstante "threat" wat heel tyd in jou agterkop sit. Elke oggend en elke aand na ‘n lekker koue stort kom die buisie anti-mozzie salfies uit. Dik gesmeer in die aand reguit onder ‘n muskiet net in die bed. Lê en loer so deur die gaas na die TV want internet word nog hanteer soos ‘n gestapo kamp. Jy kan in, maar niks gaan uit nie. So as julle gewonder het hoekom Jasper so bietjie afvallig was in die Kuber spasie…. Blameer dit op die Cisco manne van Ghana.

Ghana is mooi. Soos in ongerep amper. Maak nie fout nie, jy moet ver soek vir ‘n stukkie onbewerkte aarde. 2km is die verste wat jy gaan ry op ‘n pad sonder om lewe te sien. Die mense is vriendelik en anders as meeste ander Afrika lande, hier voel jy veilig. Selfs in die aand alleen. Die populasie is Gods vresend. Daar is ‘n ongelooflike godsdienstige atmosfeer in die lug. Korrupsie bestaan nie en jy kom dit agter as jy deur die doane gaan op die lughawe. Suid Afrikaanse immigrante is volop. Hulle bly hier soos in Suid Afrika van ouds. Die ergste bekommernis ‘n malaria sessie van 3 dae in die bed. Daar is 5 taxis vir elke voertuig op die pad. 9 uit 10 taxi’s het ‘n godsdienstige "slogan" op die agter venster. Paas Vrydag loop elke dorp se bewoners soos op ‘n kruistog deur die strate en sing gesange en godsdienstige liedjies. (Ek het al baie lande deur gereis maar dit is die eerste keer wat ek so iets teëkom. Nie eens die Vatikaan het so gevoel nie.

Vooruitgang is ewenwel sigbaar soos dit ‘n ontwikkelende land betaam. Skoolgeld word ook betaal. Dit is sigbaar op die teerpaaie wat orals ontpop, maar nie goed uitgelê word nie. Die korosie van al die reën is baie sigbaar omdat daar nie voorsiening gemaak word vir water afvoer nie. Dit veroorsaak slegte slaggate en valkante op die sye van die die paaie. Die mense ry maar om dit. Ghana is ryk aan minerale. Goud is volop en dit bring welvaart die land in. Dan moet ek ook bysê dat ek nog nooit soveel piesangs in een plek gesien het nie. Ek kon ook net glimlag vir al die dinge wat langs die pad verkoop word vir kos (baie van dit "illegal"). Daar was ‘n likkewaan, rotte, ander klein knaagdiere, ‘n Tompsons Gazelle en selfs ‘n jong krokodil en natuurlik hope piesangs, palm en kokos neute en ook palm olie.

Die huise wat in en om die stad gebou word skep die prentjie wat ‘n gesonde ontwikkeling in die land uit beeld. Die samehorigheid van die populasie en die trots van ‘n nasie wat laas jaar hulle 50ste onafhanklikheids vieringe gehad het van die voormalige Britse kolonialisme is duidelik beeldend wanneer jy met hulle gesels. Gedurende my tydjie daar het ek soos dit enige boerseun betaam darm ‘n koue enetjie gevat saam met ‘n paar van die menige "expats" wat daar woon en werk en ek wil graag vir die ouens dankie se dat julle my tuis laat voel het. Craig, Colin, Errol en al die ander op Ahafo, natuurlik ook "Slim" die barman op Accra, ek hoop ek sien julle almal weer en ‘n spesiale dankie aan Chris Roodt en sy vroutjie op Akyem, Dit was lekker om saam met julle te kuier en groot dankies vir die gasvryheid en die braai.

Ghana is ‘n fantastiese plek. As jy ooit Afrika in sy element wil sien en nog steeds veilig wil voel, doen jouself ‘n guns en gaan eksploreer Ghana en sy mooi tropiese wêreld.