Die laaste aand in Azerbaijan

Algemeen 23 Comments

,,,

Ah Baku

Die stad van wind aan die weskus van die Kaspiese see.

Lid van die ou Sovjet federasie. Geliefde stad van die voormalige  president Haydar Aliev. Sy toorn teen die russe oor die massamoord gepleeg op Azerbaijani studente net voor onafhanklikheid het hom die liefde van ‘n nasie gewen. (Kudo’s vir jou in my boek swaer) So erg was sy retaliasie dat die KGB hom wou dood maak. (Mugabe, kom neem bietjie lesse by die man). Tussen die oer oue mure en geboue van die "ou stad" met sy kenmerkende atmosfeer waar die ou gardes nog soos in die middeleeue leef tot die geharwar van die "nuwe stad" wat om sy mure gebou word.

Die mense haat die Armene aan die westelike grens (Hulle was die russe se byl met die massamoord) en ook die invallers in die vroeë 2000’s vanwaar ‘n hele gedeelte van Azerbaijan oorwin is. (Nog steeds ‘n russiese hand hierin?). Aliev en sy seun wat nou president is het verkies om die westerse invloed aan te neem en sodoende vir die mense ‘n eg demokratiese omgewing te skep. Dit het die russe vervies.

Almal praat nog steeds russies maar dit het met tyd verander na die 2e taal en stelselmatig begin  almal terugval na die oorspronklike Azerbaijani taal wat meer turks van oorsprong is. Die mense lyk soos die turke oftewel Ottomans waarvan hulle afstam. Kort bonkige mense met dadel kleur oë, blas velle en swart hare. Die skrefies oë van die Khans aan die ooskus van die Kaspiese see is nie hier te vinde nie. Die geboue dra ook die kenmerkende gewelende boustyl van die turke.

Die mure om die "ou stad" spreek van ‘n tyd wat beinvloed is deur die kruistogte met die ooglopende boog skutte. Die tyd toe die kruisvaders die persiese magte aangevat en somtyds oorwin het.

Die sovjet regime het wel diep spore getrap. Veral in die nywerheid en industrie. Hier kan jy nog die russiese "citi golf" vind net soos in enige ander voormalige federasie lid land. Sedert die vroeg 80’s maak hulle hierdie Lada motortjie en hulle maak hom vandag nog. ‘n stuukie blik op wiele met net die fundamentele gedeeltes van ‘n motor. ‘n bakwerk met vensters, ‘n verwarmer, ‘n stuurwiel, sitplekke en matte. Natuurlik dan ook ligte en flikkerligte en die mees belangrikste gedeelte van enige kar in hierdie geweste natuurlik ‘n ordentlike toeter. (Links ‘n Lada van die laat 80’s en regs een van die nuwe 2007 modelle)

Suid Afrikaners hier is heelwat. Jy hoef nie ver vir hulle te soek nie. Kyk net vir iemand wat nie heeltemaal so blas is nie en gewoonlik ‘n hele hand bo die res van die mense uitstaan. (’n hand en ‘n kop as jy my hoogte het) Kanse is dat sy aksent hom sal weggee nog voordat jy hom vra "van waar gehasie". Glenn, dankie vir die braai. Moenie worrie nie, dit was nie gebrand nie en die rooi wyn wat soos ‘n Weiser Riessling proe sal ek weer saam met jou drink ;). Dokter van Blerk, ek hoop ons paaie kruis weer!

My tydjie in Baku was lekker. O’Finnigans se Guiness is nou klaar en die Tiger bar het besluit hierdie boerseun is ‘n lewenslange lidmaatskap werd. Nie vir die meeste drank in een aand nie (As julle dalk so dink), maar omdat Jasper bietjie hans geraak het met ‘n skepsel wat ‘n meisie gestaan en rond ruk het. Ek dink die knaap se snoet snuif nou nog bloed… (stupid ingilsman..)

Elk geval Baku, ek kom "grace" weer jou "eastern shores" volgende jaar.

groetnis

Jasper

Die "wat gebruik jy Tag"

Algemeen 9 Comments

,

DaMario het hierdie mandie op my stoep kom sit via Johan Swart…… Thanks DM ;) Het gewonder wat ek vanaand op die blog gaan sit…

Wat gebruik ek?

Ek werk op ‘n Dell Inspiron 9400 laptop met ‘n 17 duim skerm. Redelike vris rekenaartjie, want dit is al wat die druk kan hanteer as jy met groot grafiese dokumente speel so af en toe of as jy Sonar 7 musiek prosesserings programatuur hardloop. Nie dat ek dit juis elke dag vir werk gebruik nie, dit is meer ‘n stokperdjie maar daar kom tye…

Photoshop CS3 is die program van keuse en contribute gebruik ek natuurlik om die blog mee te update. Dreamweaver is ook daar en dan natuurlik oubaas Bill se programatuur. Buiten die het ek open office en gimp vir die gratis gedeelte en natuurlik ook Acrobat 8 prof om die nodige dokumentasie om te swaai na pdf toe. Dit is nodig in my werk waar kwotasies en kontrakte somtyds skielik anders lyk as wat jy dit oorspronklik gekryf het… (Ja, dit gebeur in Engeland ook)

So ek tag dan nou maar vir Nikita, Roer en Sharks.