14 Jaar…..

Algemeen 23 Comments

,

14 Jaar!!!

Ek kan nie besluit of ek super boos of oneindig hartseer is nie. Vir 14 jaar al lees ek aan een verhaal. Ja dit is reg, 14 bleddie jaar. Van 1994 tot 2008 lees Jasper al aan die “Wheel of time reeks”. Die beste “science fiction” sedert Tolkien die koring gerwe gaan oes het. Van boek 1 tot Boek 11 het ek getrou met elke nuwe boek voor in die tou gestaan om hom te koop. Toe internet begin bewe het ek die boeke sommer ‘n maand of 2 vooruit bestel. Jasper het al 13 antagoniste gehaat met ‘n passie. Sy verbeelding somtyds in die wolke om ‘n ding beter te doen as al drie protagoniste. Man, somtyds selfs gedroom oor die blessitse storie. Dit het “even” party van sy gedigte ge-inspireer….. Die liefde en haat, die sukkelgang en karaktergroei, die absolute hunkering daarna om te kan slaag……. Alles wat goeie boeke goed maak saamgeflans in een storie. Sowat 1200 bladsye per boek wat so ingewikkeld lees (Nie moeilik nie, dit vat net somehow langer as wat dit sou vat om ‘n Wilbur Smit boek van dieselfde hoeveeleid bladsye te lees - 2 keer so lank…) En uit al 11 boeke kon ek nie een neersit voor hy nie klaar was nie en glo my…… ek spandeer liefs tyd op wikipedia voordat ek my snoet in ‘n boek druk.

Boek 12,dDie laaste boek van ‘n fantastiese reeks was “supposed” om Desember 2007 vrygestel te word. My tyd was min en ek kon nie daarby uitkom om die boek te bestel nie, en eergisteraand toe dink ek……

Nou is die tyd en ek klim op die internet Tor publiseerders toe.

Hmmmmmmm………….

We are sorry to inform you, but Robert Jordan passed away in September 2007.

WTF!? :shock:

Nou sit ek maar net hier rond en wonder hoe die storie ge-eindig het……..

Brandon Sheldon is gevra om boek 12 te skryf en die storie klaar te maak……..

Sal dit ooit dieselfde wees…….

Ek voel verkrag….

literêr verkrag.