Die jong arties van Umbrio

Algemeen 6 Comments

,,,,,,,

Skool van Athene (Stanze della Segnatura) - VatikaanRaphael Santi, meester van die natuurlike skoonheid in kuns. Voorkeur arties van die vegter pontief Julius II asook sy opvolger Leo X. Gebore en getoë in Urbino (Italië) op 28 Maart 1483 en oorlede op 6 April 1520 na ‘n kortstondige 37 jaar waarin hy die wêreld met absolute geniale kunstigheid versier het.

Leerling aan die skole van
Timoteo Viti en Perugia. Sterk influente op sy werk was onder andere,
Botticelli ,
Leonardo da Vinci,
Michelangelo en die dominikaanse arties
Fra Bartolommeo

Sy Disputa muur Frescoes in die pontiewe stanza’s het tot vandag nog geen gelyke in die wêreld ten opsigte van die uitbeelding van Tema’s soos filosofie, godsdiens geskiedenis, natuurlike skoonheid asook magiese difiniteit nie. Die foto is van sy Fresco “School of Athens” (1509) in die
Stanze della Segnatura van die Vatikaan. (Slaapkamer van Pope Julius II) en een van sy mees befaamde werke. Al drie meesters (Da Vinci, Michelangelo en homself) is tussen ‘n skool van historiese filosowe, denkers en bekende skoliere vasgevang).

Hy kon Michelangelo nie verdra nie en het hom uitgekryt as ‘n reklusiewe kluisenaar. Sy beheptheid met die groot meester het ook gelei na sy 2 mees verwarrende werke omdat hy nie die tegnieke van beide Da Vincy of Michelangelo kon bemeester nie. Daarbenewens het hy ook geen nuwe uitvindsels soos die 2 meesters die lig laat sien nie en dit word tot vandag teen hom gehou, maar waar hy wel uitstyg bo sy ewekniëe is sy lig en skadu tegnieke wat tot vandag toe nog nie ge-ewenaar kon word nie. Een ding is wel seker, hy het Michelangelo se meesterskap verafgod tot in so ‘n mate wat hy ‘n ewige kompliment aan hom gegee het deur hom in 2 van sy werke in te skilder.

Raphael was baie lief vir Portrette en met die uitsluiting van miskien Rembrandt, het hy ook hier nie ‘n gelyke nie. Sy weergawes van die Madonna is vandag prysloos en onverkrygbaar op die kuns markte.

Sy oorlewing aan die mensdom voor sy dood aan ‘n onverklaarbare koors is onskatbaar en mog dit verewig vir die mens bestem bly.