Op pad na Suid Afrika

Algemeen 8 Comments

Ek speel nou lekker!

Klaar weg by Heathrow en nou in transito op Madrid lughawe. Lekker…. Die vlug vanaf Heathrow is so uur tot hier en nou moet ek nog so 2 ure verwyl voor die Johannesburg vlug vertrek. DSCF0002Geen probleem nie, die lughawe is ongelooflik mooi met so paar "endeaming  features" soos ‘n rook area!! Seker die enigste plek in Europa wat nog so iets het buiten Duitsland.

Ek het probeer soek na ‘n "polarised donkerbril", maar die DSCF0003 enigste een in "duty free" is ‘n stel Ray Bans en sy glase laat my kop te groot lyk. Sal maar in SA een aanskaf of as ek baie gelukkig is sal ek my ou een kry waar ek gekuier het laaste by oubaas Chris…

Ek doen nou ‘n hele paar inskrywings so kort op mekaar want ek probeer die nuwe sisteem toets. Sover is ek heel be-indruk. Het nou heeltemaal wegbeweeg van Blogjet af en besluit om "Windows Live Writer" te gebruik. Wat ‘n fees. dinge wat voorheen eeue gevat het om te doen is nou reg en klaar in 5 minute. Dit sluit die foto’s in. Voorheen moes ek hulle edit met photoshop, dan die groodtes verander en dan "save for web".  Om die prentjie mooi in te kleur, ‘n inskrywing soos die het my normaalweg sowat 40 minute geneem. Foto’s edit, stukkie skryf, wag vir die rekenaar om aan te skakel, wag om aanlyn te kom etc etc etc.

Met die Vaio, ‘n finepix 7mp kamera en "Windows Live Writer" het hierdie stukkie my sopas 5 minute gevat. Rekenaar aan die gang kry en alles ingesluit. Fotokaart uit die kamera, reguit in die Vaio, ingevoer deur "windos live Photo Gallery", ge "drag en drop" tussen die text in, opsies gekies en "viola!"

DSCF0004 Met Live Writer "drop" ek eenvoudig die foto op die blog, "drag" sy grootte en kies dan "photopaper" om hom ‘n foto randjie te gee. Die lekkerste ding van "Live Writer" is dat hy die Wordpress "theme" optel sodra jy die blog "Login" en instede dat jy dan op ‘n wit agtergrond jou inskrywing tik, lyk die gedeelte waarop jy tik soos jou blog. Dit gee die voordeel dat jy presies weet waar jou foto’s in die inskrywing lê, en hoe die publikasie gaan lyk.

Vir Annelie, Ja jy kan jou tab en "indent" ook gebruik en as dit nie werk nie, het jy die voordeel om met tabelle ook te werk. (Soos wat ek gedoen het met die De La Rey vertaling ;) Dan is daar nog so paar ander lekker dingetjies wat mens kan doen….. Soos om ‘n kaart in te sit van waar jy jouself bevind (Mits jy internet access het… Wat ek nie voor wil  betaal op Madrid lughawe nie… Dit kos ‘n arm, ‘n voet EN 2 bene :-?) Ek sal dit maar volgende keer probeer. Op die oomblik moet ek nou maar hierdie inskrywing "save" tot ek weer aanlyn is.

Teen die tyd wat julle hierdie inskrywing te siene kry is ek al in SA en nog ‘n dag nader aan ‘n lekker koue biertjie saam met Da Mario :) (DM, dit sal dan die Dros in Montana wees ;)

Groete onderweg…

Jasper

Op pad na SA

Algemeen 10 Comments

Kom ons kyk hoe gereeld lees my moeder die blog ;)

As sy nou hier lees sal sy agter kom Jasper is op pad SA toe vir ‘n bietjie werk en sowat van ‘n kortstondige kuiertjie. Ek kan nou nie meer wag vir die vliegtuig nie. Hier sit ek op Heathrow en skryf die boodskap. Gelukkig vertrek ek nie van terminaal 5 af nie. Wat ‘n globale gemors. Die pomme reken hulle het fataal gefaal in die oge van die res van die wereld.

Ek is half geneig om met hulle saam te stem. Foeitog! Wat ‘n absolute gemors en die beeld word lekker rustig die wereld ingestuur deur hulle eie media.

Soms wonder ek of die media die belange van die land op die hart dra…..

Nou is ek sommer moerig!!

Algemeen 5 Comments

Net gister koop ek ten duurste die BlogJet program aan en vandag laai ek windows live op die nuwe laptop…..

Wat sal ek sien?? Messenger live het sy eie Blogjet ingebou. Dit beteken enige iemand wat windows messenger gebruik kan fisies "windows live writer" aflaai  en siedaar. Jy het jou eie "blog publishing tool" vir gratis en mahala! Wie het gese oom Bill en sy makkers is bose mense??

Nou is ek R450 armer met 2 programme en die een wat die beste werk is gratis :-?

Aitog!!!

Vanselfsprekend

Algemeen 3 Comments

Meeste van ons weet seker hoe dit is om by ‘n plek te kom waar almal mekaar ken, maar jy is nuut en ken dalk net een of 2 persone. Dan is dit al die voorstellings. Meeste van die tyd is dit net ‘n geselligheid en kanse is dat jy nie weer een van die mense vorentoe sal raakloop nie.

Vir my om almal se name op een slag te onthou op ‘n partytjie is amper haas onmoontlik. Maar almal onthou jou naam. Hulle het net nodig om een naam te onthou. Jy moet dalk 20 onthou.

Persoonlik het ek lankal geleer om ‘n data “overload” te vermy. As ek my nie kan voorstel dat ek weer na die geselligheid met iemand gaan kontak hou of maak nie, dan onthou ek nie sy naam nie. As dit ‘n meisie is word sy vir die res van die aand net bokkie. As dit ‘n mans persoon is dan is hy vir die res van die aand boedie of boet of swaer of so iets. Afhangende van sy temperament….

Dit bring my by dinge wat alledaags gebeur. Hoeveel dinge aanvaar ons as vanselfsprekend. Iemand sal ‘n honderd en tien goeie dinge doen of goeie eienskappe openbaar. Dit is die data “overload” wat net van die rug af gly. Maar die eerste skewe voet of minder goeie eienskap is wat in die kop vas steek. Dit is wat so persoon of entiteit eien aan diegene om hom.

Is dit simpel of is dit ‘n psigologies gekweekte “barrier” om die “overload” te vermy wat ‘n mens se psige so instel dat alles vanselfsprekend is maar dit wat onthou word is die geringe ietsie wat buite die norm staan.

Hoe ver moet die ietsie “buite die norm” staan voordat mens aanvallig raak daaroor. Waar eindig die logiese sin en waar begin die retaliasie punt.

Kom ons veronderstel ‘n situasie waar ‘n firma diens lewer aan die publiek. In 5 jaar doen die firma net goed vir die samelewing en almal floreer oor die impak wat die firma het op die “feel good factor”.

Dan op ‘n dag val ‘n persoon omdat hy nie kyk waar hy loop nie en vat die firma hof toe. Daar was nie ‘n bordjie wat gesê het die vloer is glad nie. Die media ontketen ‘n hekse jag en die uiteinde van die saak is dat die besigheid moet toe maak om die geregskoste te betaal.

Ewe skielik is daar nou 50 werklose mense en ‘n helse tekortkoming aan openbare dienste in die samelewing wat direk geraak is deur die besigheid se insette en nou ‘n agteruit bestaan voer met lewensfassette wat heeltemal afvallig raak.

Die amerikaners noem dit “demokrasie”. Die Engelse noem dit “scientific law”.

Persoonlik dink ek “WTF” terwyl ek staan en tob oor iemand se naam met ‘n glasie wyn in die hand…….

Blogjet, Wordpress en ‘n vuurwa

Algemeen 34 Comments

Ek het nou sopas vaarwel geroep aan Adobe Contribute en vir my die vol weergawe van BlogJet aangeskaf. Effens duur maar wat…. Hopelik help dit my om meer en makliker te laat blog. As daar een ding is wat ek haat, dan is dit om ‘n blog inskrywing “online” te doen. Dinge moet net sonder beslommernis loop. prentjies wil ek net “drag & drop”! Niks van eers upload en dan soek & kies en dan groodte veranderings ens ens ens nie. As ek om die prentjie wil tik dan wil ek nie met “code” sukkel nie. Contribute kon dit alles doen, maar ai…. Dit is ‘n program vir ‘n vuurpyl professor wat heeldag tyd het om blog inskrywings te sit en griffel. Op hierdie stadium is dinge so dol, ek moet al amper op die kalender kyk wanneer kan ek weer ‘n drukkie kry….

Laat ek nou maar by die begin begin. Jasper het een allemintige Inspiron 9700 skootrekenaar….. gehad . Sterk genoeg vir al die geheue honger programme soos “photoshop” en “dreamweaver”. Vir al die krag het Jasper omtrent ‘n kruiwa nodig gehad om die ding te karwei. Dan vat dit nog 20 minute om die ding aan die gang te kry voor jy enigsins iets kon aanvang wat van kardinale belang is.

VaioGenoeg was genoeg. Nou het ek ‘n splinternuwe Vaio vuurwa wat net soveel krag soos die Dell het, maar hy weeg net 900 gram, met ‘n super duper 11 duim monitor wat meer pixels het as trompie se sproete en ja…. hy pas by my kar  Kyk, Jasper se vuurwa le hom na aan die hart en dit is ook Junior se ryding van keuse. As hyP1010094 sy pa te siene kry dan moet hy op slag eers gaan vir ‘n spin. Dak af natuurlik. Jasper moes tot vir die kroos ‘n spesiale stoel loop insit sodat knapie “legally” kan saamry.

Elk geval, die Blogjet programmetjie lyk of dit heel oulik kan wees. Vir die van julle wat meer wil weet, gaan loer gerus hier. Daar is tot ‘n “trial” version wat afgelaai kan word om te toets. Elke geval, hoop julle geniet die aand / dag verder

Groete vir eers

« Previous Entries