Hoe monitor jy blogs?

Algemeen 9 Comments

,,

Ek verwonder my nou al ‘n rukkie hoe party bloggers (en lesers) op hoogte bly van nuwe inskrywings. As ek so deur almal se blogs scan voel dit partykeer of ek iewers iets mis. Teen die tyd wat ek by iemand se blog kom lyk dit of die inskrywing al ‘n dag oud is met die hoeveelheid kommentaar wat al klaar gelewer is. (Veral nou dat ek in die suide van Siberie rond hang….)

Om dit te monitor het ek op ‘n stadium die “google desktop” se RSS voer gebruik. Die ding het egter desperate ontwikkelings hulp nodig en was so onbetroubaar dat ek dit naderhand maar afgesit het. Toe begin ek die ingeboude i-explore RSS funskie gebruik. (Wat ‘n gemors). Dit kan nie onderskei tussen ‘n “itunes RSS feed” en ‘n gewone inhoud “RSS feed” nie. Die ander ding wat my gegrief het van dit is die tydsame opdaterings proses. Somtyds tot 48 uur voor dit ‘n nuwe inskrywing optel. Sommige bloggers soos DaMario wat gereeld iets interresants griffel het al 3 inskrywings gemaak teen die tyd wat i-explore die eerste een opgetel het….)

Lank terug toe RSS voere net begin is, was daar so paar programmetjies in die omtrek wat nogals aanvaarbaar was, maar die ontwikkeling daarvan het regtig agterwee gebly en met die buiging van “Web2.0″ het die ook vir ‘n bol poef gegaan.

So, hoe nou gemaak. Want ek hou ook nie van “online” feed monitors nie. As ek reg onthou gebruik Chris by “My-Kop-Op-’n-Blok” so een. Dit is net te veel van ‘n schlep vir my om elke keer soontoe te browse. Maar soos enige iets anders is daar oplossings vir individuele smaak en so kom ek toe af op “Illumio

Wat ‘n lekker program. Dit is gratis, Dit is “Web 2.0 ready” en word op jou rekenaar gelaai soos enige ander program. Dit wys as daar ‘n nuwe inskrywing is met ‘n klein venstertjie soortgelyk aan Outlook se e-pos notifikasie en as jy die mis, flikker die ikoon in die werkstaaf om jou in te lig. Hier onder is ‘n 2 skermskote van Illumio.

Dit is alles wat ek nodig het en ‘n klein bietjie meer. Na ek al die “default” feeds uitgesny het en my eie groep geskep het met al die voere wat ek graag wil lees, werk dit soos ‘n bom. Hy is so naby aan onmiddelike opdatering soos demmit aan ‘n vloekwoord en maklik om op te stel en te gebruik. Die linker-kantste kolom wys die blog of webtuiste en die regterkantste een wys ‘n samevatting van die blog inskrywing. As dit goed lyk kliek jy net op “full article” en hy vat jou reguit na die betrokke blog inskrywing toe.

Nog ‘n lekker ding wat ek agter gekom het met die gebruik van die ding is dat as ek op i-explore op ‘n feed afkom en “subscribe”, dan tel illumio dit op en add dit outomaties.

Net een klein dingetjie het my gehinder aan die begin. Daar is ‘n tab opsie op die linker kanste kollomme waar die een tab net artikels of blog inskrywings uit blogs wys wat betrekking het op die sleutelwoorde wat jy vooraf insit. Dit het veroorsaak dat ek heelwat inskrywings gemis het totdat ek die dag agter gekom het ek kyk na inskrywings onder die verkeerde tab. Toe ek die verander na “all articles” toe, wys hy die hele kaboedel en nou is alles in die haak.

Dit spaar soveel tyd om nie deur elke site hoef rond te wip en te kyk wie griffel iets interresants nie. Ek kan nou vinnig in die oggend en aand (Dis nou as daar internet in die sneeu bedekte wereld is) deur almal se inskrywings en “comments”draf en siedaar. 2 ure se surf in 20 minute

Helse dankies aan Illumio, en moenie stress kap as ek nie by comments uitkom nie. Ek lees wel!!