Die aankoms in Kazakhstan

Algemeen 13 Comments

,,,

Voor almal dink ek het verdwyn, ek gaan probeer om die "travelling" gereeld te blog, dit hang net af hoe die internet beskikbaarheid is.

Jasper het toe eventueel sy werk bedank om bietjie die wereld te loop bekyk en sy inkomste op ander plekke te gaan genereer. Nie dat ek regtig kan kla nie, want ek maak nou in 3 weke wat dit my ‘n halwe jaar sou gevat het as ek in Engeland bly werk het. Dit was nou maar net tyd om die bal aan die rol te sit en weer vir myself te begin werk. Maar meer daarvan op ‘n ander tyd.

Gister aangekom in Kazakhstan Na ‘n goeie 7 ure vlug was daar te veel mis in Almaty en na 2 probeer slae, besluit die piloot om liewer nog 2 ure verder Noord te gaan en land toe eventueel in Astana. Bygese, Astana is mooi in die Steppe geleë, en -23°C is die algemene temperatuur die tyd van die jaar teen 12 uur in die middag.

Na nog 3 ure se vertragings kry ons toe uiteindelik ‘n nuwe vlug na Almaty en eventueel hier aangeland, groet hierdie gesig my….  Dit is grou weer, die sneeu van onlangs lê nog dik en die roet en nywerhede mis hang soos ‘n donker wolk oor die stad. Sondag verkeer lyk soos Maandag oggend in Pretoria met die verskil dat regterhand stuur motors in die land verban is (Die mense het te veel ongelukke gemaak want hulle bestuur erger as die ouens in Cairo). Die sneeu is half grys van al die roet en rook en meeste van die paaie is gelaai met swart ys want die stad se gritters werk net wanneer hulle wil.

Eventueel by die hotel aangekom, het ek maar net ‘n paar foto’s geneem, ‘n glasie wyn in die hotel se bar gedrink en toe gemaak vir die kooi. Die foto regs het ek uit die hotel se kamer venster geneem. Die gebou in die agtergrond is een van die nuwe "post sovjet" ontwikkelings wat oral oor deur die stad oprys. Sedert die ontwikkeling van die olie velde begin het so 7 jaar terug, is daar regtig ‘n bo-gemiddelde algemene groei wat in die land plaasvind en ek onthou die eerste keer wat ek hiernatoe gekom het was daar net ‘n handjievol luukse motors tussen al die honderde Lada’s en Volga’s wat nog uit die Russiese bewind gedateer het. Deesdae word dit al hoe meer en meer vervang met Nuwe motors en mens kan sien hoe "Rykdom" saam met olie die land inkom deur net die kar keuses van mense dop te hou. 4 Jaar terug het ek en die barman in die hotel op Almaty vriende gemaak. Deesdae werk hy vir een of ander nywerheids besigheid en ry ‘n Porche Cyaene.

Elk geval, ek pos more meer oor die plekkie. My internet tyd ardloop uit….