Pet Peeves…

Algemeen 8 Comments

Roer en Nikita het my getag vir hierdie een. 10 dinge wat ‘n mens kwaadaardig maak en die 5 beste inskrywings op die blog….
Dit het my lekker laat kopkrap want oor die algemeen het ek ‘n groot tolleransie vir mense en hulle geite…

10 dinge wat my omkrap…

1. ongeoorloofde besluitneming gebaser op “assumption”.
Daar is niks wat die politoer van my gemoed so vinnig kan laat smelt soos iemand wat negatief reageer of iets grimmigs te sê het oor hy / sy “assume” dat ‘n ander persoon dalk iets gedoen of gesê het nie. My f#%k, as jy ‘n probleem het met iemand, klaar dit eers met die persoon uit voor jy hom / haar net sommer afmaak as drek of beswadder waar ek in die omgewing is. Haai wee jy, die mensdom darm……

2. “fickleness”
Die vader hoor my as ek ‘n armsalige skepsel met ‘n slingevel tussen die oë wil gooi as hy / sy skuins draai om ‘n flatus te passeer net omdat die Beckhams of Hofmeyers dit so doen. Jordan raak swanger en binne 2 weke is daar ‘n populasie uitbarsting in Londen. “SUG”…. What the F*&ck just happned!? :???:

3. Opportunistiese diewe
Ja, dis die bliksems wat my kar se ruit uitslaan net om seker te maak daar is niks binne in nie. Jou armsalige stuk strond. Het jy nie oë gekry met die skepping nie. As ek iets in die kar vergeet het, touché, dis my vergeetagtige skoolgeld en jou score, maar moet jy my nou regtig deur al die kak en drama van ‘n assuransie claim sit net omdat jy onnosel nuuskierig is :mad:

4. Iemand wat blatant vir my lieg terwyl hy / sy weet ek is ingelig (dood eenvoudig omdat so persoon dink jy het nie die guts om dit te bevraagteken nie).. Asseblief moenie my intillegensie onderskat nie. Jy gaan op jou moer kry! Somtyds op maniere wat jou misrabele brein nie kan “conceive” nie en seker ook nooit sal “comprehend” nie.

5. Moet ek iets sê oor die Jesus e-pos en die verstooteling met die chip op sy skouer wat dit vir my aanstuur, insluitende oningeligte sms’e en e-posse wat mense se koppe eis weereens oor die “assumption” van een of ander antie wat haar draadpop uit die pram gegooi het oor iemand op die radio iets gesê het waarmee sy nie saamstem nie :sick:

6. Base wat die skuld op hul werknemers pak oor hulle eie oningeligte besluite.

7. Ek weet nie wat pis my die meeste af nie…. Die windgat Zimbabwiese “illegal” immigrant wat jou goed steel en nog in vermetelheid te vertelle het dat die polisie hom nooit sal vang nie oor hy nie in Suid Afrika bestaan nie en / of die Suid Afrikaanse regering omdat hulle te kak sleg is om hierdie donners aan te keer of net selfs te keer dat hulle die land so onverpoos instroom. Wie is erger, Mugabe oor hy alles van sy mense vat of Mbeki omdat hy nie kan keer dat Mugabe se mense Suid Afrikaners roof nie.

8. Mense met ‘n skerp tong wat ander afknou. Nie in my geselskap nie asseblief. Dit sê baie van jou eie tekortkominge.

9. “bus lanes” in Londen. Foeitog. Die burgermeester het laat gekom vir sy vergadering toe hy met ‘n “black cab” moes ry. Nou boet 13 miljoen mense vir sy kortsigtige “solution”. Ou Ken, het jy al ooit “Top Gear” gekyk??  :shock:

10. Lugredery kos
Het jy al ooit ‘n ontbyt op BAA of Air France probeer eet!? Virgin is nie veel beter nie en ek gaan verseker nie SAL probeer nie. Nou die dag was ‘n verlepte stukkie bacon, ‘n gebrande varkworsie en ‘n lepeltjie roereiers wat lekker in die olie dryf. (Die Salmonella breek deur jou weerstand met windbestuiwing)

My 5 gunsteling Inskrywings:

Na die ou blog se data verlore gegaan het, is daar nie veel om van te kies nie, so ek gaan hierdie een liefs ‘n skip gee.

Sodoende sit ek dan die tag voort vir en sal ek dan nou maar die een wees wat vir BiB en Duskant tag