Alles op ‘n einde

Algemeen 14 Comments

Vandag is my kort vakansie in SA op ‘n einde. Visa probleme is opgeklaar, nuwe paspoort is uitgereik (binne 8 weke….) en nou is dit terug na die mislike weer en vriesvingers in die vroegtoggend langs die kalk-strome.

Laat ek nou bietjie terugdink wat het alles die week gebeur….

Die Bosveld:
Piet Planter het my na die mooiste mense in die bosveld geneem vir ‘n ras egte kykvuur en braaivleis. Adriaan en sy vroutjie het gesorg vir ‘n altemit “game drive” deur die reen deurtrekte veld met ‘n modderbad ingesluit. Agterna alles opgesom met so paar koue nommertjies en ‘n kitaar keurspel saam met Pieta.

My moeder het ouder gewoonte saam met Oubaas Meerkat al die stops uitgetrek om my gemaklik en tuis te laat voel. (Oubaas Meerkat, jammer dat ek nou vi jou en oubaas Koos moes wys hoe om kurpers te vang…. Hehe) Ek sal maar teruggaan Pub toe om te gaan oefen met die darts voor ek weer so windgat gaan wees om jou aan te vat…

In die stad:
Willempie, onthou nou… Ek kan nie Jeagermeisters, zambuca en al daardie snaakse dinge drink nie, maar ek hol darm nie vir die bossies in die vars lug na 8 tequilas nie. ;)

Theo, Baie dankie dat jy kom oe wys het. Dit was regtig lekker om jou weer te sien. Hoop die dis was darm slukbaar. Ons maak volgende keer weer so.

Nou ja, sien julle weer iewers in Mei of Junie!!

Intussen, hou maar die blog dop. Iewers is iets altyd aan die gebeur…