My Identiteit
February 28, 2008 Algemeen 6 Comments
Ek het hierdie stukkie laaaank terug (2005 as ek reg onthou) vir willeklong geskryf. Hopelik is dit nie "outdated" nie en gee dit ‘n bietjie insae in my idiologie……
Then again, ek mag dalk verkeerd wees.
| My Identiteit | ||||
|
Ja, ek is ‘n Suid Afrikaner want dit is my Nationaliteit. Histories van Europese oorsprong, maar gebore, getoë en onvoorwaardelik opgevoed as Afrikaner, oftewel my bevolkingsgroep. Ek is nie ‘n Zulu, Xhosa, Ndebele, Sotho of dies meer nie. Ek is ’n Afrikaner. 400-jaar oue geologiese volks-ontwikkeling opgevat in die mens wat en wie ek is. Moet ’n ras mitologies wees om erken te raak? Is ek ’n ‘breed’ wat geregistreer moet word sodat ek be-eien kan word deur my landsgenote? Ek glo nie. Talle bevolkingsgroepe in een land. Elkeen met sy eie kulturele identiteit. Saam maak dit een “nasie”, die Suid Afrikaanse nasie oftewel Suid-Afrikaner. Is dit nie waarvoor my landsvlag staan nie? Hoekom is daar dan struweling omdat ek Afrikaner is in Suid-Afrika? Die Zulu wat langs my woon is trots om te sê hy is Zulu, Bloedrivier is ‘n hiroglief in sy geskiedenis. Waarvoor moet ek terugstaan of skaam wees? Vir die twee of drie geslagte Afrikaners voor my se politiese oortuigings? Vergeet dit. Ek leef in ‘n moderne samelewing waar humanitêre waardes gekweek is vir elke denkbare velkleur. In die niet is die strydende partye en entrepeneurs van die laat 1800’s vroeg 1900’s wat nie saam wou staan in die Boere-oorlog nie. Gegun is hul vryheid om te konsentreer op goud en diamante en derglike omstandighede insluitende finansiële, politieke en godsdienstige oortuigings, welke geval die struweling vry te spring en nie deel te vorm van die oorlog-voerende partye nie. Inderdaad is dit so oorgedra aan ons voor ouers – met bloed betaal deur vrouens en kinders – verhaal deur kamtige samesyn van ‘n oortuigde, onder-ontwikkelde volk. Kom die kolonialistiese regering en gaan weer in die jare opvolgens, want daar is toorn en onsamehangende gevoelens voortspruitend uit langafstand bestuur. Die sogenaamde nuwe nasie oftewel “blankes” het saam beskik en besluit, of dalk gebrandmerk, die verkose gemeenskap. Nog is dit het einde nuut. Die argitektuur van Apartheid wink nader. Strydende partye verstaan dat eweneense belang lê in die samesyn van ’n blanke volk waar ’n meerderheid meer belang het as los verdrag van verskillende politiese (en/of finansiële) oortuigings. So gesê, so gedaan. Gebore die semi-sosialistiese regering. Geraam op bewysde tegniek van die ou Cromwell regime. Geen fout daarmee nie… (Of dalk net mis beëien). ‘n Samesmelting van verdrukte nasies soek uitkoms. Meer onlangse geskiedenis dui op etniesiteit tussen Serwiërs en Bosniërs. Miskien dieselfde behaag in geskiedkundige apartheid. Twee nationaliteite; Blank of Nie-blank. Onderliggend lê daar nasies met eeue-oue haat vir mekaar. (Nie die beste mengsel om brood mee te bak nie; Zulu’s versus Sotho’s – Zilkaats draai in sy graf om) Ook ongelukkig die eerste (en enigste keer) wat die “blanke”’ Suid-Afrikaner kon aanspraak maak op ’n nasie. Of kon hy!? (En hoor jy die magtige dreuning?) Ewenwel kom die verlosser. Die verlosser van die onderdrukte. Belans is aan die orde. Vir nou… Die onderdrukte kom na vore. Nasies, voorheen ge-amalgameer onder een vaandel eis nou identiteit. Verlore is “Nie-Blank”… na vore skuif die diverse etniese identiteit wat daar altyd was. Zulu, Xhosa, Tswana… Die nuwe vlag, die nuwe aanwending van “power of the masses“. Die insig van ’n diverse volk oor wat samesyn waarlik beteken. Een nasie – een vlag – Suid-Afrikaner!! Of hy nou Zulu, Xhosa, Sotho, Tswana is. Ontwerpte verdrag vir ander bevolkingsgroepe en hul kulture beide gemeenskaplik en individueel bou die raamwerk van ‘n nasie wat groei. Wat het van die sogenaamde “wit” nasie geword!? Die “Blanke”!? Verdeeld soos voorheen onder vaandels van herkoms? Of dalk verdeeld oor geo-politiese persepsie, godsdienstige oortuigings, geldsug, magsug, of dalk net doodeenvoudige ‘ignorance’. Wie weet… My voorouers was sogenaamde baanbrekers. Ossewa, voorlaaier voorslag en veldhoed. Sy term vir sy mense of die bevolkingsgroep van sy soort was Afrikaner. Die naam aangeneem deur hom en sy mense om te beskryf waar hulle hulself bevind en waarin hulle samehorigheid kon kry onder mekaar. (Is jy ‘n Hollander? Nee ek is ’n Afrikaner.) Dit is die naam van die bevolkingsgroep waaraan ek behoort. Waarin ek groot geword het. Die waardes waarvan ek geleer het. Die kultuur waarin ek getoë is en waarin ek my kinders moet, sal, kan en gaan opvoed. Dit is goeie waardes. Dit is etiese waardes. Dit dra ’n verdragskode gegiet in respek. Die sowat 400 jaar wat my mense hierdie kontinent aangeneem het as domiscilium. My kultuur sluit in braaivleis, boerewors en pap, volkspele en kinderkrans, biltong en droëwors. Waaraan skryf jy jou herkoms toe seinde jy myne as nie-bestaande probeer bewys? Dalk naamloos en deurmekaar? Is jy baster? Is jy Engels van afkoms, hier aangeland vir die oorlog en toe die skip terug gemis want hier is goud en mooi weer? Is jy dalk deel van die horde spekuleerders wat gehoor het die stormloop vind plaas noord van die vaal? Die een wat beheer wou hê maar nie wou oorlog maak teen die kroon nie? Wat Paul Kruger opdraend gegee het met jou losse sedes en hoerery? Die steler en bedelaar? Vind jy eersdaags uit jou herkoms dra geen naam uit die mengelmoes nie en daarom veg jy vir die term Suid-Afrikaner sodat jy identiteit kan kry? Soos daar Zulu is, is daar Tswana en Xhosa. So ook is daar Afrikaner. Waar jy in die prentjie pas, is jou saak. Aan watter bevolkinsgroep jy behoort, is jou saak. As jy voel jy is nie deel nie, skep vir jou ’n groep en rally jou soort soontoe. Maar troos jouself daaraan dat jy Suid-Afrikaner oftewel Suid-Afrikaans is - maak nie saak wat jou etniese oorsprong is nie. Dit is jou geboorteland. Saam maak al die bevolkingsgroepe een nasie en een volk. Die Suid Afrikaner of “South African”. Laat my toe om aan my bevolkingsgroep te behoort en daarin te beweeg. Daar is vir my geen rede of bate om my mense en herkoms te onteien nie en ek het al die reg om kulturele waardes, bates en lewens van juis hierdie mense te beskerm en voort te dra. Dit vorm deel van Suid Afrikanerskap. Daarom is ek ook geregtig op die beskerming van my kultuur en identiteit deur ‘n goewerment aan wie ek belasting betaal. So hoekom de F*&^K gebeur dit nie!? |

Dit is nie bietjie koud nie, Dit is "%ok£n koud!!! O ja, en die wit op die foto’s is nie regtig sneeu nie, dit is meer soos ‘n poeier ysreën tipe sneeu. Toe ek hier in Atyrau aankom, slaan ‘n blizzard los en dit is een groot gemors. Vir 2 dae aanmekaar het die poeier neergekom en ‘n goeie half meter dik loop lê op plekke. Dit is nie regtig wat erg is nie….. dit is die Siberiese wind wat uit die noorde oor die steppe aangewaai kom. As jy jou mond oopmaak om met iemand te praat, dan slaan dit jou asem weg. En dit voel of jy in die kaap loop in Augustus. As jy ‘n sambreel naby het, jaag jy resies met Mary Poppins en jy loop so half skeef soos ‘n krap met aambeie..
Die ou ligte briesie slaan jou met ‘n aanvoelbare temperatuur van sowat -30°C. Niks ernstigs nie, moet net nie water afslaan langs die pad nie. As jy te veel biere agter die blad het, bly liewers binnenshuis. Die Kazakh mense se standaard bou metode is om huise van modder bakstene te bou. (Bietjie moeilik om dit reg te kry in die winter, want alles vries toe, selfs die rivier.) Modder huisies word dan met hout oorgetrek soos die een op die foto. Of sommige van hulle in elk geval. Daar is gewoonlik ook hout hekke en mure voor die geboue wat meeste van die tyd allerhande ornamentele versierings van gedraaide staal op het.
probleme. Ek is half versigtig vir die affere, maar as die manne wat
bietjie kom visvang met hulle swaar vierwiel trek voertuie op die rivier kan ry, dan kan ek sekerlik seker daaroor loop. Dit voel effens snaaks om te dink jy stap nou dood luiters oor ‘n vloeiende klompie water net 20 cm onder jou voete deur ‘n deurskynende ys-laag. Miskien is dit ‘n Suid Afrikaanse ding om voetjie vir voetjie te loop uit verwagting dat iets dalk gaan padgee…..
op die swart ys nie. My verstand sê vir my die motors moet gly, maar my oë vertel vir my ‘n ander storie. Ek staan kronies oopbek as ek sien hoe die mense geleer het om in sulke uiterste omstandighede reg te kom. En natuurlik vir die rokers onder ons, Ek moet net vir julle sê, ‘n pakkie sigarette kos net R4.
wees en het klaar gereel dat ek my kamera kan saamneem. Ek kan regtig nie wag nie. Dit is ‘n lekker gevoel om so opgewonde te wees. Daar is net een gevoel wat dit oortref, en dit is die verlange na my seuntjie…

Gister aangekom in Kazakhstan Na ‘n goeie 7 ure vlug was daar te veel mis in Almaty en na 2 probeer slae, besluit die piloot om liewer nog 2 ure verder Noord te gaan en land toe eventueel in Astana. Bygese, Astana is mooi in die Steppe geleë, en -23°C is die algemene temperatuur die tyd van die jaar teen 12 uur in die middag.
Dit is grou weer, die sneeu van onlangs lê nog dik en die roet en nywerhede mis hang soos ‘n donker wolk oor die stad. Sondag verkeer lyk soos Maandag oggend in Pretoria met die verskil dat regterhand stuur motors in die land verban is (Die mense het te veel ongelukke gemaak want hulle bestuur erger as die ouens in Cairo). Die sneeu is half grys van al die roet en rook en meeste van die paaie is gelaai met swart ys want die stad se gritters werk net wanneer hulle wil.
Eventueel by die hotel aangekom, het ek maar net ‘n paar foto’s geneem, ‘n glasie wyn in die hotel se bar gedrink en toe gemaak vir die kooi. Die foto regs het ek uit die hotel se kamer venster geneem. Die gebou in die agtergrond is een van die nuwe "post sovjet" ontwikkelings wat oral oor deur die stad oprys. Sedert die ontwikkeling van die olie velde begin het so 7 jaar terug, is daar regtig ‘n bo-gemiddelde algemene groei wat in die land plaasvind en ek onthou die eerste keer wat ek hiernatoe gekom het was daar net ‘n handjievol luukse motors tussen al die honderde Lada’s en Volga’s wat nog uit die Russiese bewind gedateer het. Deesdae word dit al hoe meer en meer vervang met Nuwe motors en mens kan sien hoe "Rykdom" saam met olie die land inkom deur net die kar keuses van mense dop te hou. 4 Jaar terug het ek en die barman in die hotel op Almaty vriende gemaak. Deesdae werk hy vir een of ander nywerheids besigheid en ry ‘n Porche Cyaene.



