‘n Somersaand in die bosveld

Jasper se Digkuns 21 Comments

,,,,

Met die oudag as die son sag
deur die bosveld bome hang
En die krieke jou vermaak
met skrille sang

Steek jy straks ‘n kykvuur
met ‘n tonteldosie aan
dan
wag jy rustig
en jou hart ontspan

Iewers met die kronkelpaadjie
kom ‘n ou vriend aan
die donker stap so
stilletjies ook saam

Op ‘n ou stomp sit ou Pieta
met ‘n bekfluit in die hand
en die vlamme skiet
drogbeelde deur die aand

Vandag se spoke sluimer
soos die rooiwyn in jou glas

vergete is wat kom
en dit wat was