Vir dit wat verlore is….

Jasper se Digkuns 16 Comments

Briefie vir Suid Afrika

Daar is ‘n plek waar
ek al my gedagtes herleef
en beelde van die lewe
voor my aangesig sweef
die verlange oor ‘n tyd
waar verbeelding
die wêreld vergeef

Dan dink ek weer
aan lank terug se kind wees
die kooperasie daar op Settlers
se kersfees
Met ‘n boek in die hand
wat ek agter die silo’s kon lees

Ja die verlede het so langsaam
ook agter gebly
Waar ek hier deur die vreemde
se strate ry
die kruispad verby soos die toekoms
deur die donker mis sny

deur onbekende tye verloor
ek alles wat die mens
in my hart wil hoor
want ‘n braambos kruip
onsamehangend oor
die ou land se spoor

My siel hunker erg na jou afrika
waar die mense aan jou suid punt
vir vrede vra
Kan die helde van ouds
weer jou skoonheid
aan die mensdom oordra

As die volk weer jou hartland
met liefde wil streel
Sal jy weer al jou diepste
geheime dalk deel
en kan my kinders
dan ook ongedeerd
in jou arms kom speel

Reënwoud Kronieke - Ebenezer

Jasper se Digkuns No Comments

Onthou jy die ou Eik
in die kloof by Ebenezer
Die reuk van kersie bloeisels
en die misreën oor die meer

onthou jy die klein houthuis
teen die hange in die woud
Die hert se knettervuurtjie
en die glas vol vonkel goud

Jou nek Satynsag teen my wang
Jou bors streel lig teen my
Die kamisool kruip stadig op
In my hande oor jou dy

Ek sien weer die swaar houtdeur
Met jou rug half teen die muur
Jou vingers deur my hare
Soos jy ritmies teen my skuur

Saggies kruip die donker
deur die nate in die hout
Jou lippe voel soos glans fluweel
en ek drink die atmosfeer

Die lang haar mat is snoesig
waar jy uitgestrek kom lê
en ons drink saam uit die kelkie
as die nag ons toe kom vou

Verbeel jou…

Jasper se Digkuns 3 Comments

Jy lê op ‘n ou dekstoel
Hier op my oop balkon
‘n ligte briesie speel
deur oop skuifdeure
draai spoke in die kantgordyn

My hande huiwer
Waar pêrels en saffier
oor jou rug kom speel
Waar fyn haartjies rys en
vra vir die streel
van vingerpunte wat jy voel
Soms innig, soms ligsinnig

Safraan speel oor die see
as die son sak tussen lyne
van purper en smarag
jy bind my met ‘n glimlag
in die laaste lig
Om jou groet die dag.

Gotlieb Grootlieg

Jasper se Stories 5 Comments

Kuier Uncle toe mos nou die dag saam met ‚n klomp vrinne toe so ander jafel inspraak maak op die gesprek synde hy nou ook van iewers in onse mooie land afkomstig is en afrikaans as huistaal in gemeen het met die res van ons. Hoe dit ook al sy stel die knaap homself voor as Gotlieb van Greeunen vanaf iewers dukant Tjepees halfway tussen Messina en Nerens.

Maar in elk geval, slaan die ou ‚n paar Biere weg en soos die tyd stap klim uncle se wenkbrou al hoer die lug in want die ou begint kak praat in preporsies waarvan uncle self nie die dimensies kan skat nie en dis nou iets te se want Uncle het darm ‚n meesters in Ingenieurswese… Doop Uncle toe sommer die vent net daar en dan met ‚n bietjie polisiekoffie en nou heet hy Gotlieb Grootlieg. Bedrewe Leuenaar en Lieplapper “of note“.

Soos die tyd stap en ons al hoe meer bemoerd word vir Gotlieb se vertoning dog almal maar dis tyd om bietjie visvang te gesels en te kyk waar heer Grootlieg se stories ons gaan heenvat. Visvang is mos immers ‚n sport waar ‚n maatband net lieg en die skaal se spriengs altyd te styf is. Na Hanno so paar foto’s afgeshow het van sy tjomma se onlangse trippie Inhaca toe val mister Grootlieg ook toe weg. Presies wat ons wou gehad het en dit lui so (Uncle moet bieg lat hy die storie al donkiejare terug raak gelees het in ‚n ou stywe lyne se wolstorie afdeling, maar nou ja, „it goes to show“)

Anycase, Gotlieb en sy neef besluit eendag om te loop kyk of hulle die groot babers onder die Hertebeespoortdam se wal kan gaan vang. Op hierdie stadium is grootlieg al so vasgevang in sy eie stories hy glo homself. “Indefinitely!“ Nou moet ons ook natuurlik weet dat die f*ken visse so groot is dat hulle nie met dooie voeltjies en gewone stok en katrol gevang kan word nie. Uh Uh nee. Hiervoor het ‚n man gereedskap nodig. So sit die twee toe af damwal toe met ‚n Ford F-two-fifty-pick-up-trok, ‘n winch en ‘n dooie volstruis.

Daar gekom bekyk die 2 die storie en besluit toe maar om die wa teen die afdraende tussen die bome te parker net so verby die slangpark duskant Kosmos. Nou hoe de f*k het julle die volstruis toe by die damwal gekry wil die manne toe nou ene ore weet. Hierdie is mos nou ‚n altemit Mariko styl storie a’la Charles Herman Bosman en dit raak heel interresant.

Gotlieb laat ook nie op hom wag nie en vertel hoe hy en neef Gysie die trokkie se spaarwiel loop afhaal het en die tube toe binne uithaal solat hulle een tamaai kettie kon bou tussen 2 bome op die wal. So gemaak hak hulle toe die volstruis aan die winch se hoek wat toe sommer ook as vishoek dien en reverse die wa tussen die bome uit. Met die allemintige kettie rekke toe nou so styf soos kitaar snare laat los hy wat Gotlieb is die winch se rem-hakkie en doer trek die enigste volstruis wat nog ooit gevlieg het. Bene, vlerke, poepekan en als.

Raait, toe begint die groot wag. Watwo, halfuur op die klok en die groot vundu maak sy verskyning met ‚n moerse maalkolk en sommer sulke stoffies wat oor die water loop. Daar gaan die winch op loop wyle Gotlieb en Gysie verward rondspring op soek na iets wat die damn winch kan stop want die clutch brand uit en die rem wil nie werk nie. Soos die stuk kabel deur die water sny sien mens blykbaar net Hyasinte vlieg soos die gedoente daar voor onder die water spook om los te kom. Maar f*k dit reken Gysie toe die winch uiteindelik tot stilstand kom en al wat beweeg is so brand reukie deur die lug wat die vas ge-seizde winch se lot be-aam en Gysie start die Ford op. Nie links nie gooi die knaap die gearboks in reverse en trek daar weg lat mens net klippe sien spat.

Gotlieb reken hy gooi cover want die donnerse vis is toe sommer heeltemal te sterk vir die bakkie en hy dog sy neef is na moer toe die trok die berg af op loop gaan waterkant toe soos die vis daar voor trek.

Gelukkig kom die trokkie te staan tussen dieselfde twee boompies waaraan die kettie rekke vas was en daar staan hy. Nie ‚n tree verder nie en die vis gee ook geen aanduiding of hy een of ander tyd gaan moeg word nie. O nee, hy trek aan daai winch-kabel lat die ding so styf word jy kan tande met hom vlos. Soos die storie ook nou al erger en intens begint word wil ons toe nou weet hoe de f*k het die gielemientjie nou uiteindelik aan wal gekom en dis toe nou hier waar Gotlieb begint klei trap en aan plan b begint dink.

Nooi reken hy, daar was ‚n korporaal in die weermag wat vir neef Gysie baie ge-like het toe die nog troep was en die streep-arm was nog steeds in diens op een of ander kampterein duskant Pelindaba. So by so bel hulle die weerman en hy kom sowat ‚n uur later daar aangesuiker met ‚n mortier en een verskriklike harpoen wat hy by sy broer se oom se skoonseun in die vloot geleen het. Nee wat daar is geen probleem nie se die korporaal en maak die mortier aan die harpoen vas en draai hom toe met die 2e volstruis (Gotlieb wou oorspronklik 2 visse vang en so sien). So gese so gedaan en die korporaal trek los met die harpoen in die rigting van die vis wat toe nou al nader aan die oppervlakte baklei met die kabel.

Getrou aan die natuur van ‚n Baber ruik hy weliswaar mos wragtig die 2e voeltjie wat so half onder sy neus land en hy sluk die ook weg. So reg in korporaal se kraal en hy trek die mortier se safety-pin uit met die harpoen se tou.

Magtig maar is daar toe nou vir jou een tamaai F*k*p. Vertel Gotlieb van een donderslag wat soos 6 kanonskote tussen die berge om die dam weergalm en die grate van die vis wat spat van die ontploffing en soos droppers oor die water trek in al wat rigting is.

Volgende dag blykbaar in die lokale koerant is daar sprake van ‚n paar seiljagte wat die vorige aand op onverklaarbare rede by die kosmos seiljagklub beskadig is deur nugter weet watse gedierte se beendere. Die is sommer ook weggestuur vir ontleding.

Maar nou Ja. Sedertdien was Ene Gotlieb Grootlieg nog nooit weer naby Harties nie en sedertdien het Uncle en kie hom ook nog nie weer gewaar nie.

Laaste Woorde

Jasper se liedies 9 Comments

LAASTE WOORDE 

Die morester hang in die ooste
En die laatnag glip stil verby
Daar is ‘n trekkie op die oggend lug
Wat sny deur my dikste ou trui

Ek krap deur gistraand se kole
Vir ‘n warm ketel steen
Die reuk van dougras hang om my
Dit ruik soos die lente reen

Jou laaste woorde ruk die snare diep
Dit spook hier binne in my
As die briesie deur die bloeisels fluister
Hoor ek jy is lief vir my

Daar is skimme tussen die newels
Van die vroee oggend uur
Dit verander in die hoogste bome
En gooi skadu’s duskant die vuur

Die Seun van die more kom nader
met ‘n vlinder wat dans in sy hand
en die saad van die najaar se weiding
rys groen deur die winter se brand

’n swaeltjie sny deur die more mis
Wat hang soos ’n reuk oor die veld
En my hart klou aan ’n gedagte
Wat die koue uit my uit smelt

Want ek hoor weer jou laaste woorde
Wat roep na die mens diep in my
As die briesie deur die bloeisels fluister
Hoor ek jy is lief vir my

 
icon for podpress  Laaste Woorde [2:42m]: Play Now | Play in Popup | Download

« Previous Entries