January 17, 2008
Jasper se Digkuns
14 Comments
Lydenburg,Graskop,Sabie,Blyde Rivier,Swadini,laeveld,Long Tom,Jock of the bushveld,Pelgrimsrus
Hierdie is spesiaal vir Sonkind, Nikita, Boendoe en almal wat die plekke ken waaroor hierdie gedig gaan.
God se kamer venster
Mis jy ook die dae
by die Misty Mountain Lodge
Die Long Tom pas kanonne
en die koeëlgat in die berg
Die ou antieke Leunstoel
by die hotel op pelgrimsrus
‘n lekker koue braffie
en die foto van ou Jock
My gedagtes ry weer paadjies
tussen Sabie en Hazyview
so al langs ‘n riviertjie
wat so af en toe oorspoel
Tot by Graskop met sy pannekoek
wat die engele ook graag eet
daar by God se kamervenster
met die laeveld in sy greep
Onthou jy nog die tien sent
vir die kolkgate se wens
die drie rondawel pieke
in die Blyde rivier se pens
Swadini was nie ver nie
as jy soos die kraai kon vlieg
Maar padlangs teen die kranse
het dit ‘n ewigheid geduur
Langs die pad was watervalle
denne woud en forel
by die piesang stalletjie langs die pad
het ons kleingeld uitgetel
Af en toe in die spansel
waar die jakkalsvoël lig sweef
het ‘n wolk gehang wat soos die reën
gedaal het na beneë
Somtyds was ons uitgevang
deur die mis bo in die berg
En ander kere kon ons sien
hoe God die wêreld verf
January 15, 2008
Algemeen
13 Comments
sabie,kudu,jagluiperd,renoster,kameelperd,foto
 |
Daar’s ‘n plekkie duskant Sabie
waar die Kudu Bulle wei.
Tussen vaal graniet en raasblaar
Kom ons noem dit Kudu’s vlei
Elke dag met sonop
as die leeus rivier spoor sny
Verdwyn die Kudu saggies
en loop sy skim by jou verby
|
| |
 |
Kameelpeerd kol kameelperd
knibbel rustig aan ‘n tak
so tussen al die dorings
van die blinkblaar wat hy hap
Sy knoppies knieë pla hom erg
as hy moet water drink
Maar hy sien alles eerste
met sy lang nek in die wind
|
| |
|
Wit renoster swart renoster
eet jy blaar of gras
Die ene met die punt lip
Kou die blare aan die bas
Jou vel so dik soos pantser
en die horings op jou snoet
Die wêreld sal so arm wees
as jy die dag moet groet
|
 |
| |
|
 |
Die jagluiperd lê rustig
langs die pad in Hhlane park
hartelik verlustig
aan ‘n rooibok agterkwart
Gister was ‘n jaagtog
teen ‘n honderd myl per uur
Sy aandete met kwinkslag
na die hiernamaals gestuur
|
| |
January 14, 2008
Jasper se Digkuns
19 Comments
Suid Afrika,somer,bosveld,sonsak,Piet Planter
|

|
Met die oudag as die son sag
deur die bosveld bome hang
En die krieke jou vermaak
met skrille sang
Steek jy straks ‘n kykvuur
met ‘n tonteldosie aan
dan
wag jy rustig
en jou hart ontspan
Iewers met die kronkelpaadjie
kom ‘n ou vriend aan
die donker stap so
stilletjies ook saam
|
|
Op ‘n ou stomp sit ou Pieta
met ‘n bekfluit in die hand
en die vlamme skiet
drogbeelde deur die aand
Vandag se spoke sluimer
soos die rooiwyn in jou glas
vergete is wat kom
en dit wat was
|
| |
January 12, 2008
Jasper se Digkuns
16 Comments
Briefie vir Suid Afrika
Daar is ‘n plek waar
ek al my gedagtes herleef
en beelde van die lewe
voor my aangesig sweef
die verlange oor ‘n tyd
waar verbeelding
die wêreld vergeef
Dan dink ek weer
aan lank terug se kind wees
die kooperasie daar op Settlers
se kersfees
Met ‘n boek in die hand
wat ek agter die silo’s kon lees
Ja die verlede het so langsaam
ook agter gebly
Waar ek hier deur die vreemde
se strate ry
die kruispad verby soos die toekoms
deur die donker mis sny
deur onbekende tye verloor
ek alles wat die mens
in my hart wil hoor
want ‘n braambos kruip
onsamehangend oor
die ou land se spoor
My siel hunker erg na jou afrika
waar die mense aan jou suid punt
vir vrede vra
Kan die helde van ouds
weer jou skoonheid
aan die mensdom oordra
As die volk weer jou hartland
met liefde wil streel
Sal jy weer al jou diepste
geheime dalk deel
en kan my kinders
dan ook ongedeerd
in jou arms kom speel
January 12, 2008
Jasper se Digkuns
No Comments
Onthou jy die ou Eik
in die kloof by Ebenezer
Die reuk van kersie bloeisels
en die misreën oor die meer
onthou jy die klein houthuis
teen die hange in die woud
Die hert se knettervuurtjie
en die glas vol vonkel goud
Jou nek Satynsag teen my wang
Jou bors streel lig teen my
Die kamisool kruip stadig op
In my hande oor jou dy
Ek sien weer die swaar houtdeur
Met jou rug half teen die muur
Jou vingers deur my hare
Soos jy ritmies teen my skuur
Saggies kruip die donker
deur die nate in die hout
Jou lippe voel soos glans fluweel
en ek drink die atmosfeer
Die lang haar mat is snoesig
waar jy uitgestrek kom lê
en ons drink saam uit die kelkie
as die nag ons toe kom vou