Die dinkhuisies van Indonesie

Jasper se Stories 11 Comments

Nou ja, so is die lewe so is die lot. Kom ou Jasper in befaamde Indonesie aan. ‘n nuwe bankkaart wat nie werk nie (FNB het nie die ding vir Internationaal ge-aktiveer nie) en ‘n “besigheids bankier verhoudings bestuurder” wat so te se niks beteken nie. Kyk, hy is so skerp soos ‘n graad 2 potlood in die aand want hy slaap op die “job” sien. Gelukkig is jasper se “persoonlike verhoudings bestuurder” nogal ‘n oulike mens en net 1 een e-pos verder maak sy toe al die klein probleempies reg (albeit 48 na die tyd want dit was vakansie dag in die “R of SA” en FNB het mos nie ‘n internationale noodkreet hulplyn vir hul gelukkige kliente “in dire need” buite ure nie.)

Elk geval help die hotel toe bietjie uit en kon Jasper darm aandete en ‘n koue braffie afwurg op rekening (teen 5-ster pryse natuurlik) terwyl FNB en sy wafferse “call-centre” bietjie doedoe.

Wat ‘n hotel. Die Kristal in Jakarta. Lekker swembad en ‘n peperduur kroeg wat ten minste die rugby wys. Nie krieket nie mind u want dit is mos ramadaan in moslem wereld so die plek is ‘n spookdorp net soos RSA oor kersfees. Die knaap agter die toonbank reken hulle kan nie die krieket aansit nie want die satteliet mense het toegemaak vir vakansie en daar is ‘n probleem met die skottel so supersport 2 is ‘n nee-nee

Geen probleem nie, ten minste kan Jasper die bulls se game kyk want supersport 1 werk nog.

So halfdag deur die eerste dag moes Jasper eers gaan sit en dink oor ‘n drukkende probleem….

Die dinkhuis binne en wat-wou. ‘n parmantige dieptroon met ‘n draaiknop en as die knoppertjie nou net presies so sou gedraai word kom daar so klein pypietjie uit wat die ring skoon spuit. Great dink Jasper toe. Die eerste regte wyse mense wat soos homselwers nie daarvan hou om soos ‘n arabier oor ‘n bedé te skwat nie. Kudo’s boys kudo’s. Of so het ek gedink toe mos nou…

Aandete leer vir Jasper om nie te veel te kou nie sien. Hiersie mense speel nie met chillies nie. Hulle dra dit sommer om die nek en loop snuif-snuif so nou en dan daar aan… Neeeee pappie. Hierdie ouens het derms van gepoleerde chroom en reguit uitlaatstelsels sonder knaldempers. Hulle rol elke liewe Jalapeno pitjie op die tong.

As jy nou Jasper is gryp jy maar jou glas styf vas, druk jou snoet styf toe en forseer ‘n lepel kos in jou mond sonder om te byt en laat hardloop dit reguit deur die osophagus op die maat van Cabernet. Daar is nie ‘n ander manier nie want al Indonesiese kos is warm. Pendeltuig warm. Fok en WARM

Volgende middag dinktyd.

Weer die altemit marmerkoei met sy stuitige plumbing.

Nou weet Jasper waarvoor spuit die watertjies as hy die pypie se knop draai.

Dis nie vir afspoel nie. uh-uh oooo nee.

Dit is om die draak wat die habanero vuur deur die ring spoeg se asem te probeer blus.

Die ondier in my katel

Jasper se Stories 10 Comments

So 3 of wat jaar terug was ek en skoonlief bietjie boos vir mekaar en besluit toe ons moet so bietjie vervreemd raak vir so wyle tot die een weer die ander kan waardeer. Als vir die beste en alles van die beste en al die tipe van dinge…

Elke geval vat Jasper toe die nuutgevonde stukkie vryheid en kies koers Europa toe om bietjie te gaan toer. Heeltemaal by homselwers Venisië deur Rome tot in Parys sonder drama en vir die kersie op die koek sak die outjie bietjie af Suid Afrika toe vir ‘n lekker kuier sessie. Daar gekom loop alles mos voor die wind. Lekker braaivleisie en pap en sous en so nou en dan ‘n lekker koue brandewyntjie met baie eish.

Die bosveld is mos ook nou nie vir sussies nie en so by so loop Jasper homself in ‘n bosveld kapel vas met ‘n bakkop so groot soos sy ouma se skinkbord. Maar nie eens dit troef hom nie en hy vang sommer die nommer om te loop kyk hoe vinnig ‘n plaaswerker nou regtig kan hol as die ding oor die boma se muur gegooi word (Eintlik het Jasper ‘n ratel ook gesoek om bietjie te gaan dobbel maar nou ja…)

So met die terugkeer Londen toe is waar dinge toe mos sleg begint skeefloop. Sommer die eerste aand is die mannetjie pootuit van al die wedervaringe en loop soek hy die kooi op. Niks ongewoon nie, jou bed is mos jou bed….

Nie waar Jasper bly nie. ó néé… Jasper se bed is mos broeiplek vir die ondier. Salig slaap die mannetjie so van 8 uur die aand en word teen 2 uur verskriklik kru wakker gemaak met ‘n allemintige brandgevoel aan sy bas. Om nie eens van die koors van 40 te praat nie.

Opgespring om te loop kyk watse kool vuur sit in sy jock vas en so halwe lafenis met die agterkwart liggies teen die koue badkamer teels. Ook net vir sekondes want dan moet daar weer aangeskuif word na die volgende teel toe.

So voel voel met liggiese vingerpunte op die agterstewe proklameer ‘n helse spul bulte  wat voel soos muskiet byte op steroids. En het jy nou al jou boud probeer bekyk met ‘n spieël wat 1.6 meter bo die grond teen ‘n muur sit. As jy dit regkry, vertel ek jou nou jy wen die yoga kompetisie by die gym loshande sonder ‘n smile op jou gesig….

Hoe het ek toe nie gewens vir ‘n proper Suid Afrikaanse dokter met ‘n voltaren spuit nie. Ai. Ou Ghaaitsie Goebieb daar by die veldskool met sy lang rottang en ses van die beste golf houe kon kom kers op steek by hierdie plasma skietwond aan my sitvlak. Die hel was nog nooit so vurig nie. Ek sweer.

Weet jy hoe voel dit vir ‘n groot man om 4 uur in die oggend die ambulans te bel dat hulle tog net seblief vir jou moet salf bring vir die stoof plaat wat nou nou nog jou bas was. Uh Uh nee. Nooit weer nie. Veral nie as jy vir ‘n histeriese paramedikus moet verduidelik wat die oorsaak daarvan was nie. Dan glo die suurstof dief jou boonop nie eens nie.

Want tussen die lakens in my katel het ‘n harige 8 poot horriblis spieder lekker snoesig loop nes skrop wyle Jasper op vakansie was en toe hy nou rustig om die draai stap droomland toe is dit mos toe nou dwars oor die aaklige gedrog se bospaadjie na sy spens toe. Onthou jy die grapgat op skool wat kronies sy lang naels oor die swart bord getrek het. Nou ja! Dis hoe ek gegril het toe die gesig hom aan myself ontbloot.

Sewentien keer het die  brak van die duiwel my aan die bas geknaag! SEWENTIEN keer! En die verdomde ambulans man glo my nie want daar is mos nie “giftige” spinnekoppe in Engeland nie. Haai jinne mnr die entomoloog of wat ookal mens die kenners van arachnoids noem. Kom loer self na die ding in my kooi en terwyl jy draai maak bring sommer jou pilletjies saam met die termometer. O ja, en moet ook nie die salfies vergeet vir die nekrose aan my agterent nie want die prins van die donker se pooch het my agterstewe net so effentjies geknibbel met sy wreede stel tandjies.

Dit is nou amper ‘n skrikkeljaar sedert die naghond se besoek aan my duvet en die  ”scars” sit nog steeds. Darm nie meer “mentally” nie, maar aan die stewe pronk hulle nog lekker.

Al wat ek onthou van die affere is toe die engeltjie vir my smile en sê…….
“stof tot stof”
toe die opgerolde koerant soos ‘n ploegskaar op die gebroetsel neerdaal en hom diep diep die grond in werk…..

Gotlieb Grootlieg

Jasper se Stories 5 Comments

Kuier Uncle toe mos nou die dag saam met ‚n klomp vrinne toe so ander jafel inspraak maak op die gesprek synde hy nou ook van iewers in onse mooie land afkomstig is en afrikaans as huistaal in gemeen het met die res van ons. Hoe dit ook al sy stel die knaap homself voor as Gotlieb van Greeunen vanaf iewers dukant Tjepees halfway tussen Messina en Nerens.

Maar in elk geval, slaan die ou ‚n paar Biere weg en soos die tyd stap klim uncle se wenkbrou al hoer die lug in want die ou begint kak praat in preporsies waarvan uncle self nie die dimensies kan skat nie en dis nou iets te se want Uncle het darm ‚n meesters in Ingenieurswese… Doop Uncle toe sommer die vent net daar en dan met ‚n bietjie polisiekoffie en nou heet hy Gotlieb Grootlieg. Bedrewe Leuenaar en Lieplapper “of note“.

Soos die tyd stap en ons al hoe meer bemoerd word vir Gotlieb se vertoning dog almal maar dis tyd om bietjie visvang te gesels en te kyk waar heer Grootlieg se stories ons gaan heenvat. Visvang is mos immers ‚n sport waar ‚n maatband net lieg en die skaal se spriengs altyd te styf is. Na Hanno so paar foto’s afgeshow het van sy tjomma se onlangse trippie Inhaca toe val mister Grootlieg ook toe weg. Presies wat ons wou gehad het en dit lui so (Uncle moet bieg lat hy die storie al donkiejare terug raak gelees het in ‚n ou stywe lyne se wolstorie afdeling, maar nou ja, „it goes to show“)

Anycase, Gotlieb en sy neef besluit eendag om te loop kyk of hulle die groot babers onder die Hertebeespoortdam se wal kan gaan vang. Op hierdie stadium is grootlieg al so vasgevang in sy eie stories hy glo homself. “Indefinitely!“ Nou moet ons ook natuurlik weet dat die f*ken visse so groot is dat hulle nie met dooie voeltjies en gewone stok en katrol gevang kan word nie. Uh Uh nee. Hiervoor het ‚n man gereedskap nodig. So sit die twee toe af damwal toe met ‚n Ford F-two-fifty-pick-up-trok, ‘n winch en ‘n dooie volstruis.

Daar gekom bekyk die 2 die storie en besluit toe maar om die wa teen die afdraende tussen die bome te parker net so verby die slangpark duskant Kosmos. Nou hoe de f*k het julle die volstruis toe by die damwal gekry wil die manne toe nou ene ore weet. Hierdie is mos nou ‚n altemit Mariko styl storie a’la Charles Herman Bosman en dit raak heel interresant.

Gotlieb laat ook nie op hom wag nie en vertel hoe hy en neef Gysie die trokkie se spaarwiel loop afhaal het en die tube toe binne uithaal solat hulle een tamaai kettie kon bou tussen 2 bome op die wal. So gemaak hak hulle toe die volstruis aan die winch se hoek wat toe sommer ook as vishoek dien en reverse die wa tussen die bome uit. Met die allemintige kettie rekke toe nou so styf soos kitaar snare laat los hy wat Gotlieb is die winch se rem-hakkie en doer trek die enigste volstruis wat nog ooit gevlieg het. Bene, vlerke, poepekan en als.

Raait, toe begint die groot wag. Watwo, halfuur op die klok en die groot vundu maak sy verskyning met ‚n moerse maalkolk en sommer sulke stoffies wat oor die water loop. Daar gaan die winch op loop wyle Gotlieb en Gysie verward rondspring op soek na iets wat die damn winch kan stop want die clutch brand uit en die rem wil nie werk nie. Soos die stuk kabel deur die water sny sien mens blykbaar net Hyasinte vlieg soos die gedoente daar voor onder die water spook om los te kom. Maar f*k dit reken Gysie toe die winch uiteindelik tot stilstand kom en al wat beweeg is so brand reukie deur die lug wat die vas ge-seizde winch se lot be-aam en Gysie start die Ford op. Nie links nie gooi die knaap die gearboks in reverse en trek daar weg lat mens net klippe sien spat.

Gotlieb reken hy gooi cover want die donnerse vis is toe sommer heeltemal te sterk vir die bakkie en hy dog sy neef is na moer toe die trok die berg af op loop gaan waterkant toe soos die vis daar voor trek.

Gelukkig kom die trokkie te staan tussen dieselfde twee boompies waaraan die kettie rekke vas was en daar staan hy. Nie ‚n tree verder nie en die vis gee ook geen aanduiding of hy een of ander tyd gaan moeg word nie. O nee, hy trek aan daai winch-kabel lat die ding so styf word jy kan tande met hom vlos. Soos die storie ook nou al erger en intens begint word wil ons toe nou weet hoe de f*k het die gielemientjie nou uiteindelik aan wal gekom en dis toe nou hier waar Gotlieb begint klei trap en aan plan b begint dink.

Nooi reken hy, daar was ‚n korporaal in die weermag wat vir neef Gysie baie ge-like het toe die nog troep was en die streep-arm was nog steeds in diens op een of ander kampterein duskant Pelindaba. So by so bel hulle die weerman en hy kom sowat ‚n uur later daar aangesuiker met ‚n mortier en een verskriklike harpoen wat hy by sy broer se oom se skoonseun in die vloot geleen het. Nee wat daar is geen probleem nie se die korporaal en maak die mortier aan die harpoen vas en draai hom toe met die 2e volstruis (Gotlieb wou oorspronklik 2 visse vang en so sien). So gese so gedaan en die korporaal trek los met die harpoen in die rigting van die vis wat toe nou al nader aan die oppervlakte baklei met die kabel.

Getrou aan die natuur van ‚n Baber ruik hy weliswaar mos wragtig die 2e voeltjie wat so half onder sy neus land en hy sluk die ook weg. So reg in korporaal se kraal en hy trek die mortier se safety-pin uit met die harpoen se tou.

Magtig maar is daar toe nou vir jou een tamaai F*k*p. Vertel Gotlieb van een donderslag wat soos 6 kanonskote tussen die berge om die dam weergalm en die grate van die vis wat spat van die ontploffing en soos droppers oor die water trek in al wat rigting is.

Volgende dag blykbaar in die lokale koerant is daar sprake van ‚n paar seiljagte wat die vorige aand op onverklaarbare rede by die kosmos seiljagklub beskadig is deur nugter weet watse gedierte se beendere. Die is sommer ook weggestuur vir ontleding.

Maar nou Ja. Sedertdien was Ene Gotlieb Grootlieg nog nooit weer naby Harties nie en sedertdien het Uncle en kie hom ook nog nie weer gewaar nie.