September 4, 2008
Jasper se Digkuns
7 Comments
E-pos aan die lente:
Die lewe tap stil uit my
vinniger as bloed
As is die woorde in die wind
voorheen kole en gloed
‘n pyl val uit die koker
van ‘n rondomtalie wens
Net dorings in gevlekte vlees
waar eens vleiswonde sou wees
soos towerbeelde stap die tyd
in die skemer by ons verby
Soos die groen loot van die lente
Deur die grys van die winter gly
March 8, 2008
Jasper se Digkuns
16 Comments
aandblom,vaalbos,hoendervleis,stuifmeel
Verbeel jou….
My vingers kruip so suutjies
hier oor die vaalbos veld
waar twee vir eens verenig is
en die liefde hom vergeld
Die heuwels in die donker
lê soos skimme teen die kim
net die gras wat liggies bewe
verklik die lewe in
die nat gedoude kelkies
wat yl hang oor die spoor
en met die bries die stuifmeel
hier teen my lies verloor
Die hoendervleis ruk hand uit
en ek sien die aandblom wink
as jy diep snak na die asem
wat deur my siel weerklink
March 3, 2008
Jasper se Digkuns
8 Comments
openbaring,vers
In opvolg op gister se inskrywing,
Jasper weereens oor openbaring….
Die keer in vers.
Openbaring in vers:
dawerend
deels
verdurend
dui
die daglig
die dood
verdag
Gespuis en
grou
gedaantes
gryp
gelowig vas
Eens is
elkeen
eenders
en alles
is in
as
March 2, 2008
Jasper se Digkuns
10 Comments
Sistynse Kapel,Sixtine chapel,sistine chapel,openbaring,Die laaste tyd,die eindtyd,die wegraping
My trippie na die Vatikaan in 2005 het my die idee vir hierdie stukkie gegee. Dit is regtig ‘n ondervinding om in Die Sistynse Kapel te staan en hierdie werke te aanskou. So hier is Jasper se uittrekking oor Openbaring……
Openbaring
Eendag lank lank gelede
toe ‘n engel die hemel oop sluit
Staan Johannes en vier wesens
voor die poorte van die paradys
Die Lam het die apostel ingenooi
om Vir hom die einde te wys
Want die sewe geeste voor die Troon
Het besluit dit is die einde van tyd
Een honderd vier en veertig duisend
Siele word heen gestuur
Na die berg van Armageddon
Om die eindtyd in vrede te vier
Soos die swaard van vuur
deur die laataande dreun
Vir die pyn wat die dooies verduur.
Staan die dood met ‘n dolk
in sy yskoue hand
en kerf ‘n nuwe naam teen die muur
Want die gerubs stuur die vier ruiters
om die hel aan die sondaers te pand
en een kant skuil die donker prins
waar hy kyk hoe die wêreld verbrand
Maar die Engele bars uit in woede
deur die tuin van die môrester
en Michael wond die sewe kop dier
wat die brug na verlossing versper
Swael skroei die vlammende velde
Al die sterre ontplof een vir een
Die nasies verkrummel in wanhoop
en spat soos die gietende rëen
Uit die vreemde reis daar ‘n vrede
‘n engel het die seedier getem
en deur die sagte wit wolke
sak die nuwe stad Jerusalem
February 24, 2008
Jasper se Digkuns
16 Comments
afrikaans,letterkunde,poësie,jasper se griffelgids,trane vir ‘n oumens
Trane vir ‘n oumens
Iewers
in die klowe
speel dagbreek
met ‘n vuur
Teen
kleurbelaaide druppels
Deur
‘n dun gordyn
van waterval
en reënboog
mis
wat dofweg skyn
skoonheid
van die kranse
nastergal
van die siel
diep blou poele
in jou oë
voed
die droë fontein
En ek lag
Want iewers
in die dieptes
waar die woud
geheime hou
speel
‘n ou serfyntjie
maak die hart
weer rustig stil
En ek huil
Trane
vir ‘n oumens
sleutels
van ‘n tyd
vergange
met gedagtes
vir ewig
weg gesluit
Die dunste
kronkel paadjie
Somber
in blaar verskans
spoorsny
vir die antwoord
om te kan drink
uit jou fontein