February 12, 2008
Jasper se liedies
13 Comments
Nou ja kyk, Ek was nog nooit groot op Gospel nie. Nie vir luister nie, nie vir sing nie en verseker ook nie vir skryf nie. Maar……
Maar…..
So hele ruk erug kry ek ‘n klompie mineur akoorde wat mooi inmekaar pas op die kitaar en die woorde pop toe sommer so op in die kraaines wat homself my brein noem. Ousus is toe ook sommer gaande oor die ding en wurg my amper omdat ek mos nou huiwerig is om dit op te neem. Uiteindelik swig Jasper onder die groepsdruk en dit is toe wat uitkom.
Luister maar self en moenie bang wees vir kritiek nie… Jasper se skouers is mos breër as die lengte van ‘n byl steel (Die lang byl mind you! Nie die klein handbyltjies wat jy gebruik vir jou kaggel stokkies nie…)
Sy Kind
Hy Kyk na die mens en vra hom My Kind
Is daar al nuus van verdraagsaamheid vrede
’n Geruis op die wind
Die antwoord bly wyk verduister verslind
Daar is geen woord van enige waarde
net kaf op die wind
Maar waar daar liefde is
dink die mensdom anders
Waar daar vrede is
Leef die mensdom blind
Uit die oë van ’n kind
is die wêreld blind
Uit die oë van ’n kind
is alles wind
Genade verbond verbrokkel veroud
Weerklink die verlede die toekoms die hede
die woorde in goud
Geloof in die gees dra die mens se behoud
Die Vader se liefde, geduld en diep vrede
is ’n ewigheid oud
Want waar daar liefde is
is die mensdom anders
Waar daar vrede is
is die mensdom blind
Uit die oë van ’n kind
is die wêreld blind
Uit die oë van ’n kind
is alles wind
January 12, 2008
Jasper se liedies
6 Comments
LAASTE WOORDE
Die morester hang in die ooste
En die laatnag glip stil verby
Daar is ‘n trekkie op die oggend lug
Wat sny deur my dikste ou trui
Ek krap deur gistraand se kole
Vir ‘n warm ketel steen
Die reuk van dougras hang om my
Dit ruik soos die lente reen
Jou laaste woorde ruk die snare diep
Dit spook hier binne in my
As die briesie deur die bloeisels fluister
Hoor ek jy is lief vir my
Daar is skimme tussen die newels
Van die vroee oggend uur
Dit verander in die hoogste bome
En gooi skadu’s duskant die vuur
Die Seun van die more kom nader
met ‘n vlinder wat dans in sy hand
en die saad van die najaar se weiding
rys groen deur die winter se brand
’n swaeltjie sny deur die more mis
Wat hang soos ’n reuk oor die veld
En my hart klou aan ’n gedagte
Wat die koue uit my uit smelt
Want ek hoor weer jou laaste woorde
Wat roep na die mens diep in my
As die briesie deur die bloeisels fluister
Hoor ek jy is lief vir my

Laaste Woorde [2:42m]:
Play Now |
Play in Popup |
Download
January 12, 2008
Jasper se liedies
1 Comment
Flying Dutchman,Vlieënde Hollander,Afrikaanse musiek,lirieke,liedjies,Jasper,williewerkie.com
By die blouberg klippe in tafelbaai
soos die oumense vertel
reis daar somtyds n swart seilskip
uit die gragte van die hel
Want ’n seeman het sy siel verkoop
Om die tyd in waan vooruit te loop
En sedertdien seil hy steeds voort
Op soek na die hawe poort
Geen duit wou hy langer aan land vertoef
En in sy gekke gang
Weerhou hy hom om ’n perdehoef
Aan die voormas op te hang
En as die branders deur die baai breek
En die fosfor perde dans
Soos miljoene wit blink liggies oor die strand
Praat almal van die onheil in ’n rooi gloed lig verskans
En die glimmer van die spookskip wek weer angs
Ja die hollander se verbond
Is met die duiwel homself gesmee
Al moet hy tot in ewigheid vaar
Geen storm sal hom ooit keer
En as die branders oor die kiel kom bars
Van jou skuit op die storm see
En jy hom vervloek in sy aangesig
Loop die teenspoed jou ook mee
Want die seevaders se dit tot vandag
Behoed is jou laaste uur
As jy sy brief uit die hiernamaals vat
en vir sy mense aan wil stuur
En as die bliksems oor die baai skeur
En die mis rol woedend teen
die 12 apostelberge wat dit keer
Sien jy straks ‘n rooi gloed hang deur die newels oor die see
Of dalk is dit net wat stories maar beweer |

Die Vlieënde Hollander [3:38m]:
Play Now |
Play in Popup |
Download