Currie Cup Font

rekenaars 14 Comments

Jasper het so paar dingbat fonts gemaak van die Currie-Cup logo’s vir die wat graag iets wil griffel oor Rugby. Die Logo’s wat hy in die hande kon kry was nie waffers nie, so die font kort nog so bietjie werk. Op die oomblik is daar ook net voorsiening gemaak vir die volgende unies:

Bulls (Letter A op die keyboard)
Cheetahs (Letter S op die keyboard)
WP (Letter D op die keyboard)
Sharks (Letter F op die keyboard)
Puma’s (Letter G op die keyboard)

Download Currie Cup font Version v1.0

Downloaded a total of 1204 times

Laai die font af, unzip hom en kopieer die TT leêr na jou "font" folder: "Start / Control Panel / Fonts"

TT-sample

As jy natuurlik photoshop of Gimp of so iets het kan jy vir jou ‘n lekker avatar maak vir die blog’s of omtrent enige grafiese ontwerp. Nes jy wil.

blue-bulls
(™ Blue Bulls Rugby Union)

 

Onthou net, Hierdie Logo’s is die handelsmerke van die onderskeie SA Rugby unies en kopiereg moet respekteer word. Gebruik daarvan vir enige doeleindes anders as persoonlik moet met hulle opgeneem word vooraf!

Disclaimer: Jasper distansieer homself van enige onge-oorloofde gebruik van die font vir enige doeleindes watookal deur die gebruiker daarvan wat mag indruis op kopieregte van die handelsmerk eienaars

Minimaliseer klein sake uigawes

rekenaars 12 Comments

Kom Jasper deel met julle so klein goudmyntjie van ondervinding. Al ooit gewonder wat dra geweldig by die rede dat meeste klein ondernemings maklik kan geld maak maar dit nie in die bank kan hou nie…..

Goot korporatiewe het dit maklik (die lang vingers van die korporatief strek ver en hy het die kapitaal om sy sisteme in plek te hou…. - Moenie dink nie. Selfs groot ondernemings in Europa begin nou op hierdie “bandwagon” spring, so help jouself.) So dit los ons om te kyk waar kan mens onnodige uitgawes sny. Dis nou al daardie klein jakkalsies wat jou bank rekening plunder maar ook die dieselfde jakkalsies wat so broodnodig is vir enige klein onderneming om so vlot moontlik te verloop. En natuurlik moet dit binne die reg kan geskied…

Vandag kan julle saam met Jasper kyk na IT toerusting (Die basiese rekenaar en sagteware om ‘n klein onderneming te bedryf vir jou en my)

Hoeveel spandeer jy aan jou rekenaar, windows sagteware, kantoor sagteware (Dit is nou iets soos Microsoft word en Excel ens.) en dan ook die groot (aaneenlopende uitgawe vir enige klein besigheid - en wat hom menigmale kelder) natuurlik die “accounting” program.

Instede daarvan dat jy nou al die hope geld moet loop spandeer, kom ons kyk na die opsies wat “open source” ons bied.

As jy nog nie ‘n rekenaar het nie, kom ons begin hier: As jy reeds ‘n rekenaar met Windows het, moenie bekommer nie want al die programme (uitsluitende Ubuntu) kan jy aflaai vir windows ook….)

ubuntu1.        Koop jou rekenaar (En vra die mense by wie jy hom koop om “Ubuntu” te laai as “operating system” - Mark Shuttleworth se speelding en gratis vir jou en my) Die foto hier links is ‘n skermskoot van hoe dit lyk en soos jy kan sien is daar nie veel verskil uit ‘n kosmetiese oogpunt tussen hom en “windows” nie so dit is nie nodig om te bekommer nie. As jy Windows kan werk sal jy regkom met Ubuntu. As die verskaffer vir jou ‘n windows sisteem probeer smous vertel hom liewers waar hy dit kan druk en gaan na ‘n ander plek om te koop.

2.       Ubuntu kom met firefox (web browser soos internet explorer) en sy eie e-pos program soortgelyk aan “Microsoft Outlook express” maar met meer funksionaliteit wat nader grens aan “Microsoft Outlook” (Dis nou insluitende dinge soos ‘n kalender, kontak databasis, “to-do” lys en dies meer en as jy nie van die ingeboude e-pos program hou nie kan jy altyd “thunderbird” gebruik wat op eie reg net soos ‘n volwaardige “Microsoft Outlook” werk - Dit is nou as jy al die “plug-ins” ook installeer. (Meer daaroor op ‘n ander keer - dalk)

3.      Reg so, nou het jy ‘n rekenaar en jy is op die web en jy het e-pos en so…. Wat nou gemaak met briewe tik en dies meer… Geen probleem, Daar is altyd “open Office“. Dit skop gat. Punt. Met Open Office het jy alles wat “Microsoft Office” jou bied en natuurlik ‘n bietjie meer. Selfs die hele Oxford en UK Open Universiteite hardloop op open office. Vra maar vir Jasper. Hy het sy meesters by Brookes onder die knie gekry met die. Untitled-1

Verskoon die volgende engels maar….

Daar is ‘n Word processor soos “Microsft word” ‘n spreadsheet soos “Microsoft Excel”, ‘n Presentation program soos “Microsoft Powerpoint” en ‘n rits ander eksklusiewe programme wat dit vir ‘n mens maklik maak. En as jou kind Wiskunde op skool het, is daar natuurlik “calculus” wat die beste sakrekenaar se gat skop. Maak nie saak hoe in diepte die Algebraiise algoritmes gaan nie. Selfs Trigonemetrie het sy baas hier gekry. Dit is korrek, jy het reg gehoor. Al hierdie is gratis programmatuur wat jy kan aflaai van die net af…

4.     Dit bring ons by die konstante geld wurg nommertjie vir enige klein besigheid. Natuurlik die gehate lisensie geld vir Pastel en al sy boekhou sagteware maatjies soos Sage en dies meer. Dis nou nadat jy ‘n hoop geld  spandeer het om die ding in die eerste plek te koop. Bo en behalwe die pilfererende uitgawes moet jy dan nog geld loop spandeer vir “support” en “training” en al die klas van dinge. Hoe vinnig loop jou hardverdiende geldjies nou uit die rekening uit….

turbocashVergeet van die programme wat jou geld kos. Skop die salesman by die deur uit en hou jou beursie toe. Laai vir jou “turbocash” af op die net (Dit is open-source en verniet) en support kan jy kry met die menige “tutorials” op hulle webtuiste en as dit nie vir jou werk nie, gaan kyk op “youtube” vir die menigte “tutorials” daar. O ja en voor ek vergeet, Turbocash kom in Afrikaans ook….

Nou ja, met die bogenoemde het jy al die gereedskap om jou besigheid te laat floreer en die klein jakkalsies in die bus te hou. Volgende keer as Jasper tyd het kan ons kyk hoe om jou besigheid op die internet te kry (Verniet, mahala en gratis - Met ‘n Google “pagerank” wat skrik vir niks)

groete

c4d

rekenaars 6 Comments

Al gehoor van C4D???

Jasper ook nie. Tot hy moes begin om ‘n mobiele klinie vir ‘n klient te ontwerp. Google Sketchup is ‘n gratis program wat vir die doel gebruik kan word, maar C4D bly sy baas.

Hier is ‘n google sketchup prentjie wat ek geskep het:

serphine-treatment

en hier is ietsie wat met C4D geskep is….

gallery_5_10_13473

“geen vergelyking”

Loer bietjie op youtube na C4D tutorials as julle tydjie kry. Dit maak mens dom voel as mens sien hoe maklik dit eintlik is…..

Natuurlik is C4D nie verniet nie (maar daar is natuurlik iets soos bittorrent.)

Se niks verder nie ;)

Gratis registry cleaner

rekenaars 16 Comments

Ek koop die anderdag vir my ‘n nuwe printer. Alles in een super duper Hewlett Packard wat tot my ontbyt kan bou. Hmmmm…. Nou vir die sagteware om die ding te kan dryf. Glo my, Hewlett packard sagteware is regtig kakka. Dit gebruik amper die helfte van ‘n skootrekenaar se ram en laai ‘n ongelooflike lot strooi wat jy seker nooit sal gebruik nie.

Hoekom daar nie ‘n opsie “menu” is sodat jy kan kies watter van die onbesonne goed jy wil hê nie, gaan my verstand te bowe. Hoekom wil ek ‘n “photo editing suite” hê as ek reeds een het waarmee ek handig genoeg is. Hoekom wil ek ‘n “file explorer” he as vista een ingebou het wat goed genoeg werk. Hoekom wil ek ‘n “photo gallery” hê as vista se ingeboude gallery myle beter is :? hp_printer

Hier is dit nou waar die pampoen die fan tref. Jy het nie ‘n keuse nie. HP laai die goed of jy nou wil of nie en dan maak hulle jou om alles te loop registreer (Anders help ons jou nie as jy sukkel nie….) Nee boys komaan. Microsoft het fines betaal vir die klas van houding. God dank julle hoofkantoor is in die midde ooste nê!

Maar… Maar….
Julle het gedink julle kan vir Jasper flous nê. Uh Uh nee. Ek het die hele program gelaai en toe sommer die volgende gratis programmetjie van die net afgelaai en al julle strond gesnipper en dit suutjies op die ashoop van hel loop gooi waar julle dit nooit sal kry nie. Sommer terselfdertyd die 8421 register inskrywings wat julle gedink het iewers mooi weggesteek op my rekenaar gaan lê en hom hulpeloos te stadig gaan maak vir my om ooit iets lelik van julle te skryf ook “delete” en net die drywers vir die simpel printertjie gehou.

Nou het ek ‘n “top of the range” printer met niks van julle twak programmatuur nie.

Vir die van julle wat wil weet waar om die gratis programmetjie te kry wat al die gemors van jou rekenaar afhaal en hom weer laat werk soos die dag toe jy hom gekoop het,

Laai hom hier af. C-Cleaner

link3

Hoeveel is jou foto’s werd!?

rekenaars 24 Comments

Al ooit gewonder of jy goed genoeg is as fotograaf?? Mensig, my foto’s stink meeste van die tyd en as ek op blogs rondswerf, veral by Boerinballingskap, dan wonder ek soms waar gaan ek verkeerd. Boer kán foto’s neem Jasper probeer nog :?

Watwou? Kom ek toe nou op die volgende plekkie af en dink toe ek het mos niks om te verloor nie. het so een of 2 stelle ou wildtuin kiekies ingescan en opgelaai en gewag om te sien wat gebeur. ‘n parmantige $40 in die eerste maand. Wat meer wil mens nou hê? Ek gaan nou begin foto’s neem dat dit gons….