Die 6 K’s

Algemeen 6 Comments

Blogverlof…

Dit is moeisaam om te blog as jy rondreis en om elke nook en cranny internet moet opspoor.

Een hele jaar van rondbaljaar om die aardbol en net so nou en dan ‘n week of 2 by die huis. Mens leer vinnig.

Hier is die 6 groooot K’s van reis. Maak nie saak waar jy gaan nie, as jy iets beplan maak seker die volgende is “moet” op jou lysie toebehore as jy plek bespreek.

1. Kos (Hoe dan nou anders)

2. Klere (obviously)

3. Kamer (waar jy slaap. Gastehuis, hotel, etc etc)

4. K@khuis (Die bos werk nie lekker nie)

5. Kar (Sorteer jou vervoer uit. Het jy al iemand in Japsnees probeer verduidelik jy soek ‘n lift? Partykeer werk fonetiese gebare nie, veral as jy uit ignorance vir die ou ‘n lelike teken wys sonder dat jy dit weet…

6. Kaartjies (Paspoorte, Visa’s en kredietkaarte is ook deel hiervan. Jy gaan nerens uit SA uit beweeg as hierdie nie in orde is nie.)

 
Geniet die reis

Nog ‘n week..

Algemeen 31 Comments

Dit is amper tyd om huis toe te gaan. Gulde geleentheid om gou ietsie te skryf voor ek vertrek vanaf Bata in Equatorial Guinea na Malabo die hoofstad. Internet is skaars en dit is moeilik om by die blog uit te kom so tussen al die werk deur.

Hou die blink kant bo en dankie dat julle nog steeds draai gooi al gaan hier niks aan nie.

Silwer ponie en al!

Ek Wens….

Algemeen 291 Comments

As jy kon wens, wat sou dit wees???

My wens lysie is mooi uitgewerk. Die vraag is hoeveel daarvan kan ek maak realiseer.

Die onus is op my…

Kaalvoetinniereën se kamera

Algemeen 9 Comments

Kaalvoet se kamera is ‘n fujifilm finepix S5700 met 7.1 megapixels en 10x optiese zoom sonder enige ekstra lense. Sy neem die mooiste foto’s, maar wil graag beter kwaliteit daaruit kry en verlang ‘n groter lens.

Jasper gebruik presies dieselfde kamera en die foto’s hieronder is wat die einste finepix optoor (Sonder enige ekstra lense)….

Wat Jasper wil sê is dat mens eers die kamera en sy funksies moet leer ken voor mens eksra lense aanskaf. Groter lense gee net beter foto’s wat afstand of wydte aan betref, maar ‘n klein lessie wat ek op Boerinballingskap (Almal weet hoe mooi is die man se foto’s) se blog geleer het is dat selfs klein digitale kamera’s die mooiste foto’s neem solank jy weet hoe om die funksies te gebruik en die elemente wat jy afneem te benader.

1. Swart & Wit

landy_B-W

2. Oormatig gestelde Hue & Saturasie met stadige Aperture spoed om die heining kleur te beklemtoon

landy_side

3. Stadige Aperture spoed teen opwaartse helling: (Jasper het op sy maag gelê vir die een)

Lapa

4. Diepte waarneming (Jasper het op sy knieë gestaan reg teen die heining om die regte diepte te kry vir die een)

wood-henge-slats

5. Hoeke van naby teen Agtergrond vir beter diepte en beklemtoonde fokus op die element van naby (In plaas van reguit op iets mik)

wood-henge

6. Speel met die skadu van die element vir beter perspektief en weereens die hoek en helling waarteen die foto geneem word om die element te kry sodat dit die oog se fokus trek.

stone-bench

Koningskinders

Algemeen 6 Comments

 

Ek het ‘n belofte gemaak oor hierdie stukkie en ek pos hom nou. Meeste ken my filosofie oor werklose wit mense (met means), en hierdie is waarvan ek destyds gepraat het. Jasper het nog steeds ‘n gripe met die wat bedel omdat hulle nie wil werk nie en soos die debat destyds op Woestynsand ontaard het, hou Jasper homself by sy woord en is die stukkie hieronder juis vir die kinders wat hulle self in ‘n situasie bevind waar hulle nie gevra het om te wees nie.

My sus het gevra ek moet hierdie stukkie seblief pos en ek doen dit vir haar oor haar onbaatsugtige bydrae tot die projek en die kinders wat geraak word deur die stukkie hieronder.

 

clip_image002

Jaarliks word ongeveer 1 500 kinders landwyd deur predikante en skoolhoofde geïdentifiseer. Die kinders van tussen graad 2 tot 7 kom uit finansieel- en kultuurgestremde gesinne. Gedurende Desember word hierdie kinders vir 10 dae met vakansie geneem. Vir die meeste van die kinders is dit die eerste vakansie van sy/haar lewe. Tydens die kampe ontvang hulle baie liefde, voedsame kos en maak kennis met die liefde van Christus.

Na die kampe vind nasorg plaas deur die jaar: die gesinne word besoek deur opgeleide evangeliste, kos en klerepakkies word saamgeneem en die ouers word met die evangelie bedien. Baie gesinne wat kerkloos en kerklos was, word teruggebring onder die vleuels van die liefdevolle Vader.

Die kamppersoneel bestaan vanjaar uit ‘n geestelike leier en sy vrou, ‘n kamppa en –ma, plus groepleiers en ander volwassenes, 20 per kamp. Ons het vanjaar twee kampe, ‘n laerskool- en ‘n hoërskoolkamp. In totaal neem ons 160 kinders, seuns en dogters. Elke groepleier neem 5 kinders onder sy of haar sorg.

Behalwe vir die geestelike program word die kinders deur spel en formele onderrig (dikwels broodnodige) lewensvaardighede geleer. In baie gevalle word die kinders by die kamp voorsien van klere, handdoeke en toiletware. Elkeen ontvang ook ‘n Bybel en ‘n Kersgeskenkie.

Die kinders van die kampe waarby Wierdapark Gereformeerde Kerk betrokke is, word hoofsaaklik getrek uit Valhalla, Derdepoort en daar word vanjaar ook kinders uit ons eie gemeente geïdentifiseer. Baie van die groepleiers is ook uit ons eie jeuggroep.

Finansiering

Om vervoerkoste so laag as moontlik te hou word die kampe waar moontlik in die omgewing van die stad of dorp waaruit die kinders getrek word, gehou. Bv. in 2003 het die kamp- en vervoerkoste R800 per kind beloop. Tans beloop dit in die buurt van R1800. Verskeie Gereformeerde gemeentes is betrokke by hierdie projek en die kampe word gefinansier deur gemeentelike bydraes, maar veral deur donasies, ook van nie-kerklike instansies.

As daar mense is wat belangstel om deel te neem aan hierdie projek of net ‘n donasie wil maak, kontak asb die gemeente by 012 654 5629 of skakel Christell Bloch by 0825769834

Ons hoofbron van inkomste vir die kampe is egter die Gholfdag op 09 Oktober 2008 te Dienste Klub. As julle graag wil deelneem ten opsigte van bydrae of donasies tot die koningskinders, skakel ons asb by die nommers hierbo.

Vir meer inligting, sien ook:

www.gkwp.co.za

www.koningskinders.co.za

« Previous Entries Next Entries »