Een aand om die vuur
November 17, 2009 Algemeen 11 Comments‘n lekker kuiertjie
Neil Somers vir geselskap
‘n stukkie skap op die kole
So bietjie kitaar
Wat meer wil mens nou hê
‘n lekker kuiertjie
Neil Somers vir geselskap
‘n stukkie skap op die kole
So bietjie kitaar
Wat meer wil mens nou hê
Ok, Ek skryf nie maklik ‘n blog titel in Engels nie maar die GROOOT nuus is dat boek 12 van die “wheel of time” reeks nou uiteindelik vrygstel is.
Eers iets om baie die moer in oor te wees (Nie omdat die boek vrygestel is nie) maar omdat daar nie ‘n donnerse winkel in SA is wat die boeke vooraf bestel het nie en as gevolg gaan ons skepsels wat verslaaf aan die reeks is eers ons boeke in Desember op die rakke sien grrr……
So rukkie terug het Jasper gegriffel dat Robert Jordan die oorspronklike skrywer van die reeks oorlede is in 2007 aan ‘n seldsame siekte en die hartjie was klein omdat die storie nog nie klaar was nie. (10 jaar se verslawing met ‘n boek wat net elke 2 jaar die lig gesien het om die beste fantasie storie tot op hede te vertel) Gelukkig het RJ in sy wysheid ‘n stapel nota’s en opnames nagelaat om tog uitsluitsel te gee oor hoe die storie eindig.
Toe RJ se vroulief besluit om vir Brandon Sanderson op te kommandeer om al die legio notas, opnames en dies meer deur te werk en die reeks klaar te griffel was heelwat mense skepties oor hy so ‘n ander tipe skryfstyl het, maar dit lyk of die knaap hom goed van sy taak gekwyt het as ek so deur al die reaksies kyk (Van die gelukkige donners) wat reeds die nuwe boek verslind het.
Die laaste boek “A memory of light” is eventueel opgebreek in drie dele – Daar was net te veel data en nota’s vir Brandon om dit een boek te maak- waarvan “The gathering storm” die eerste deel is (Nog steeds 600 bladsye selfs vir ‘n opgebreekte boek) is op die 27ste Oktober vrygestel en selfs Kalahari.net kwoteer 10-15 dae vir aflewering GRRRRR……
Die groot vraag deur al die lesers gevra bly nog steeds “Who Killed Asmodean”. ‘n geheim wat al vir 10 jaar met die storie saamkom. Vir meer inligting loer hier
http://wot.wikia.com/wiki/Who_killed_Asmodean%3F
Volgens die “spoilers” by dragonmount.com is daar nog steeds nie uitsluitsel hieroor nie maar slaap gerus, ons is belowe dit sal wel uitkom in die laaste 2 boeke.
Ek het altyd gedink dit was Rahvin maar ‘n herlees van die boeke kon dit nie hy wees nie synde Rahvin se lewens draadjie reeds uit die patroon geruk is toe die Dragon oftewel Rand hom met “balefire” doodgemaak het. Asmodean het eers ‘n uur of wat daarna gesneuwel. So nou hou ek maar by die Graendal teorie.
O ja, en Moiraine sit nog steeds in die dimensie van die Aelfinn en Eelfinn en wag op ‘n reddingspoging van Thom en Mat
Daar sal eventueel nog 2 boeke in die reeks wees om die storie klaar te maak en ek kan nie wag nie. Die laaste boek behoort teen einde November volgende jaar vrygestel te wees….
Moet dit net sê…
Voor die prodigal son die laaste stukkie stap lê daar nog so een of 2 stroompies voor om te kruis. Voltyds terugkeer na die blogosfeer was nog altyd die plan, maar of dit nou is, is nog nie duidelik nie…
So ek los julle vir eers met die nommer…
Die lus om te griffel het vir Jasper gelos
so tussen die jetlag en sleg hotel kos
iewers daar buite le ‘n potlood en wag
tussen verse en stories wat almal laat lag
Miskien blog ou Jasper
Miskien blog hy nie
Maar een ding verseker
weg hol hy nie!
Hier is gou ‘n par pics sommer so geneem op pad terug van middag ete af na die kliniek toe. Die plek amuseer my regtig.
Ek het geen idee wat mens die karretjies of plekke noem nie, maar dit het uitgestaan toe neem ek dit af.
More vlieg ek na ‘n ander deel van Indonesie toe en hopelik is daar dan ‘n bietjie tyd om regtig ‘n paar goeie foudies te neem
Nou ja, so is die lewe so is die lot. Kom ou Jasper in befaamde Indonesie aan. ‘n nuwe bankkaart wat nie werk nie (FNB het nie die ding vir Internationaal ge-aktiveer nie) en ‘n “besigheids bankier verhoudings bestuurder” wat so te se niks beteken nie. Kyk, hy is so skerp soos ‘n graad 2 potlood in die aand want hy slaap op die “job” sien. Gelukkig is jasper se “persoonlike verhoudings bestuurder” nogal ‘n oulike mens en net 1 een e-pos verder maak sy toe al die klein probleempies reg (albeit 48 na die tyd want dit was vakansie dag in die “R of SA” en FNB het mos nie ‘n internationale noodkreet hulplyn vir hul gelukkige kliente “in dire need” buite ure nie.)
Elk geval help die hotel toe bietjie uit en kon Jasper darm aandete en ‘n koue braffie afwurg op rekening (teen 5-ster pryse natuurlik) terwyl FNB en sy wafferse “call-centre” bietjie doedoe.
Wat ‘n hotel. Die Kristal in Jakarta. Lekker swembad en ‘n peperduur kroeg wat ten minste die rugby wys. Nie krieket nie mind u want dit is mos ramadaan in moslem wereld so die plek is ‘n spookdorp net soos RSA oor kersfees. Die knaap agter die toonbank reken hulle kan nie die krieket aansit nie want die satteliet mense het toegemaak vir vakansie en daar is ‘n probleem met die skottel so supersport 2 is ‘n nee-nee
Geen probleem nie, ten minste kan Jasper die bulls se game kyk want supersport 1 werk nog.
So halfdag deur die eerste dag moes Jasper eers gaan sit en dink oor ‘n drukkende probleem….
Die dinkhuis binne en wat-wou. ‘n parmantige dieptroon met ‘n draaiknop en as die knoppertjie nou net presies so sou gedraai word kom daar so klein pypietjie uit wat die ring skoon spuit. Great dink Jasper toe. Die eerste regte wyse mense wat soos homselwers nie daarvan hou om soos ‘n arabier oor ‘n bedé te skwat nie. Kudo’s boys kudo’s. Of so het ek gedink toe mos nou…
Aandete leer vir Jasper om nie te veel te kou nie sien. Hiersie mense speel nie met chillies nie. Hulle dra dit sommer om die nek en loop snuif-snuif so nou en dan daar aan… Neeeee pappie. Hierdie ouens het derms van gepoleerde chroom en reguit uitlaatstelsels sonder knaldempers. Hulle rol elke liewe Jalapeno pitjie op die tong.
As jy nou Jasper is gryp jy maar jou glas styf vas, druk jou snoet styf toe en forseer ‘n lepel kos in jou mond sonder om te byt en laat hardloop dit reguit deur die osophagus op die maat van Cabernet. Daar is nie ‘n ander manier nie want al Indonesiese kos is warm. Pendeltuig warm. Fok en WARM
Volgende middag dinktyd.
Weer die altemit marmerkoei met sy stuitige plumbing.
Nou weet Jasper waarvoor spuit die watertjies as hy die pypie se knop draai.
Dis nie vir afspoel nie. uh-uh oooo nee.
Dit is om die draak wat die habanero vuur deur die ring spoeg se asem te probeer blus.